Kyk: Voelgoed-video’s maak harte warm te midde van chaos

Te midde van die chaos wat tans in Suid-Afrika heers weens gewelddadige onluste en plundery wat landswyd plaasvind, het menslikheid, goedhartigheid en selfs ʼn sin vir humor steeds deurgeskemer.

In Alberton, Gauteng, het ʼn hoendervleis-geleentheid Woensdagaand spontaan buite die Netcare Union-hospitaal plaasgevind.

In die video weerklink die bekende gewyde lied “How Great Thou Art” oor ʼn luidspreker terwyl personeel en besoekers aan die hospitaal in die parkeerterrein saam lofprysing gedoen het.

Jeanette Campbell het die oomblik op video vasgelê en dit op Facebook gedeel. Dié video is intussen nog sowat 2 000 keer gedeel.

Outside Union hospital Alberton ????

Posted by Jeanette Campbell on Wednesday, July 14, 2021

Werknemers van die Shoprite-winkel in Tugela, KwaZulu-Natal, het ʼn slim plan bedink om plunderaars te fnuik deur liters kookolie op die vloer voor die winkel se deure uit te gooi.

Hulle plan – dat plunderaars hulle moses moet teëkom wanneer hulle op die kookolie gly en sodoende uit die winkel bly – het met lof geslaag en het in die proses duisende Suid-Afrikaners laat skaterlag.

Die skreeusnaakse petalje is in twee afsonderlike video’s versprei en in die video waar die plunderaars val, kan gehoor word hoe ʼn onbekende persoon uit sy maag uit lag. Sommige Facebook-gebruikers het daarop gewys dat sy lag bydra tot die humor van die video.

Die video’s is reeds derduisende kere op sosiale media gedeel.

Posted by Updates with LolahM on Wednesday, July 14, 2021

Posted by Tamara Mohamed on Wednesday, July 14, 2021

ʼn Inwoner van Umhlanga in KwaZulu-Natal het besluit dit is nou so ʼn goeie tyd soos enige om ʼn Skotse doedelsak in die strate van die noordelike voorstede van Durban te bespeel.

Terwyl talle ander inwoners wagstaan by kruisings in dié kusdorp nadat plunderaars amok in die strate gesaai het, het ʼn onbekende man op en af gestap terwyl hy die bekende Skotse volkslied, “Scotland the Brave”, op ʼn doedelsak speel.

Dit is nie bekend wie die persoon is wat die oorspronklike video geneem het nie. Hy skerts egter in die video: “As die Skotte oor die bult aankom … dan weet ek nie.”

… and this is why South Africa is the greatest country in the world. Amidst the chaos, some humour. Now, we wait for Braveheart. #proudlysouthafrican

Posted by Vusi Thembekwayo on Wednesday, July 14, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Darkwing Duck ·

Mooi man, maak nuwe planne om hulle te fnuik. Die kookolie plan is puik. Moes net gom ‘n entjie verder uitgegooi het.

dada ·

Nee water is skaars. Polisie moet liewers die melk gebruik wat nou so vermors word

LANA is ELANè ·

Die gewone eerbare man op straat wat nie deur politici opgesweep kan raak nie, is keelvol vir die verwoesting in ons land. Die meeste mense wil net ‘n eerbare lewe in vrede hier kan ly, maar ongelukkig is daar politici wat ter wille van ‘n salaristjek en hul eie agenda als sal doen om daai vrede te vernietig.

TheGripReaper ·

En uiteindelikg sien die meerderheid van ons landsburgers die ware kleure van die politici.

LeonS ·

Briljante idee ,en jul mag maar lag.saam met julle gelag????????

Danie ·

Dit is nou n plan wat lekker gelag oor is maar was eintlik nie so goeie plan nie. Het die mense al gedink wat sou die gevolge gewees het as die looters n petrol bom op daai olie gegooi het, dan was hul almal dalk verkool gewees in daai winkel. Dit het vir nou gewerk maar mense moet ernstig dink voordat hulle so iets doen gooi volgende keer eerder skottelgoed seep uit.

Belinda ·

Ekt n paar kere die videos gekyk en lekker gelag. blink idee. hulle sal nie ver kom nie, veral as hulle nog swaar goed wil wegdra.

pompies ·

Ek hoop shoprite gaan die werkers darem erkenning gee vir die blink plan om die winkel en sy inhoud te beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.