Kyk watter oudpresident kos jou die meeste

FW de Klerk (links bo), Thabo Mbeki (regs bo), Kgalema Motlanthe (links onder) en Jacob Zuma (regs onder) (Foto’s: Wikimedia Commons)

Suid-Afrikaanse oudpresidente, sowel as hul gades, kry omvattende byvoordele vir die res van hul lewens nadat hulle hul politieke ampte verlaat het, maar tot dusver was dit nie maklik om uit te vind wie van hulle die belastingbetaler die meeste uit die sak jaag so op hul oudag nie.

Nou het die DA-LP dr. Leon Schreiber in ‘n parlementêre vraag aan Jackson Mthembu, minister in die presidensie, gevra presies watter voordele hierdie voormalige politici geniet, en hoeveel elkeen die belastingbetaler gekos het die afgelope drie jaar.

Daar is dus tans vier oudpresidente wat op die manier voordeel uit die belastingbetaler trek, te wete FW de Klerk (1989-1994), Thabo Mbeki (1999-2008), Kgalema Motlanthe (2008-2009) en Jacob Zuma (2009-2018).

Mthembu het geantwoord dat oudpresidente en hul gades se voordele oor agt velde strek, te wete hotelakkommodasie, private akkommodasie, alkohol, spyseniering, vermaak, vliegtuigvervoer, motorvervoer en sekuriteit.

Dit blyk uit die dokumentasie dat nie een van die vier oudpresidente of hul gades enige vergoeding ontvang het vir private akkommodasie, alkohol, spyseniering, vermaak of sekuriteit nie.

Die oudpresident wat die belastingbetaler verreweg die meeste gekos het, is die een met die kortste ampstermyn, naamlik Motlanthe. Hy en sy gade het saam R3,928 miljoen van die belastingbetaler se geld uitgegee die afgelope drie jaar – byna R400 000 op hotelverblyf, meer as ‘n miljoen rand aan vliegtuigkaartjies spandeer en amper R2,4 miljoen aan motorvervoer.

Die tweede duurste oud-staatshoof vir die belastingbetaler is Mbeki. Hy en sy vrou het R1,663 miljoen uitgegee waarvan byna R700 000 aan hotel-akkommodasie spandeer is, sowat R450 000 aan vliegtuigkaartjies en sowat R585 000 aan motorhuur.

In die derde plek is Zuma en die mevroue Zuma. Hulle het die belastingbetaler die afgelope drie jaar R454 600 gekos, waarvan so net oor die R32 000 aan hotel-akkommodasie, meer as R400 000 aan vliegtuigkaartjies en omtrent R15 000 aan motorvervoer.

Die kleinste las vir die belastingbetaler is veroorsaak deur FW en Elita de Klerk, wie se uitgawes oor die drie jaar sowat R197 000 beloop het. Al daardie geld is aan vliegkaartjies bestee, en hulle het nie ander byvoordele gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pieter ·

Die een met die kleinste bedrag het duidelik nog nie die bodem van sy geldpot bereik na hy die land verkoop het nie

KaterinaKat ·

Ek dink De Klerk het ons die meeste gekos. Soveel lewens..

Henk Botha ·

FW De Klerk. Hy het ons die land wat met hard verdiende bloed en sweet betaal is gekos.

Christa ·

Natuurlik Moet fw Baie geld kry. Hyt Darem Mo’s n land verkwansel. Ook twyfel of n beurtkrag aan hom gegee word.

Adrian ·

Waar is die hofsake onkostes (wat die belasting betaler ook betaal)????

Brim-brim ·

Nou verstaan ek. Zuma nie te sleg nie. Dink kry geld uit ander bron. Jy weet mos wie.

Heidi Lundie ·

Bog hulle behoort n redelike pensioen te kry en NIKS meer nie.

Sonja ·

Daai gesigte kry die liedjie ” sit dit af, sit dit af, wat het ons hier……

magda ·

En Steve Hofmyer sing daai liedjie van Sit die igte af – sit die ligte af – en dit si die ou waarvan hulle niks hou nie.

Db ·

En daar is nie eers ‘n kleur van skaamte in de klerk se gesig vir wat hy aan ons gedoen het nie. Dis net te lekker om te sit en skep en sy mense wat verraai is moet maar vir sy lewensonkostes betaal. Ken hy die woorde van “skaam jou”

Julie Jansen van Rensburg ·

…en de Klerk het meer as eenkeer aan die volk gesê: “…ek sal dit WEER doen…” Met ander woorde, hy het absoluut GEEN gewete nie en ek verwag stellig dat as hy dit “WEER” doen soos hy beweer, dit sonder ‘n sweempie van gewete sal wees… miskien moet hy ook darby voeg: “…solank ek en myne steeds veilig agter lemmetjiesdraad, met talle alarmstelsels en lyfwagte kan bly sodat dié wat my so haat omdat ek my land en sy mense vir ‘n paar $miljoen uitverkoop het ,my/ons niekan bykom nie…”

Stiks ·

Die gans wat die goue eiers le , is stadig maar seker besig om die einde van sy leeftyd te bereik.

Kobie ·

Ag hou tog op kerm asseblief. Gaan aan met julle lewens. Dit hng nie af van enigvan die genoemde vier nie. Asseblief

magda ·

ANC – All National Criminals – het Suid Afrika die meeste bedrieg en vernietig.

James ·

Die uitverkoper – moet eerder die land verlaat -…………………….

Boerin ·

Wie probeer hulle flous met daardie bedraggies. Tel ALLES bymekaar. Sekuriteit, lyfwagte, sekretaresses, voertuie, medies, in kort alles wat ons gewone mense daagliks aan moet spandeer plus al die ekstras soos lyfwagte, ens. Kom dan terug met die WARE verse.

kat ·

de klerk en meeloper roelfie is seker baie trots.
Dis mos waarvoor hulle die land weggegee het.
Dit is die ‘visie’ wat hulle gehad het en was en is nog steeds baie tevrede daarmee.

Jimmy ·

En hul pensioene is dieselfde as die dienende president se salaris.

Petrus ·

SA is ‘n sukkelende derdewêreld land, maar steeds leef die openbare amptenare beter as eerstewêreld amptenare. Êrens gaan iets ingee.

Kerneels ·

In Limpopo is 150 dokters en 450 verpleegsters wat besig is met hul gemeenskapsjaar afgelê, want die geld is op.

lizelle ·

Sjoe maar julle mense is judgemental! ja sure, dis BAIE geld wat ons belasting betalers cover, en super onregverdig volgens my om oud presidente te leefstyle te sponser, maar…
almal wat hul monde so uitspoel oor FW wat die land weg gegee het… Het julle al ooit daaraan gedink dat wat pre-1994 gebeur het meskien dalk verkeerd was??? Mens is nie blind teenoor reg en verkeerd nie, maar baie onskuldige mense moes ook met hul lewens boet vir wat daardie regering as aanvaarbaar beskou het. hou op in die verlede lewe! hou op teem oor FW die land verkoop het. my generasie het veel meer belangriker dinge om oor te worry as vorige presidente. kom ons worry eerder oor Eskom se probleme…

Jp ·

Dit is nou maar hoe dit is. Die mense wat als veroorsaak het is nou skielik weg, dankie dat jy darem erken dat jy nog hier is, so jammer julle lewe in so n verbeelding. Dankie julle land weggeers, betaal nou maar!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.