Kyk: Wie is die fraaiste Bok in die land?

Springbok-flank Franco Mostert se dogter sit vir hom lipstiffie aan. (Foto: Instagram/ Juandri Mostert))

Die Springbokke sal beslis iets vir die oog wees wanneer hulle Saterdag teen die Argentyne op die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha (Port Elizabeth) uitdraf. Dít danksy die werk van die Bok-flank Franco Mostert se dogters, Jemi-Milja en Joia-Bella, wat die afgelope week hul vaardighede as grimeerkunstenaars op hul pa en sy fris vriende uitgetoets het.

ʼn Video wat Mostert se vrou, Juanri, die afgelope week op Instagram gedeel het, wys hoe een van sy dogters eers die slot Eben Etzebeth en dan hul pa se lippe met lipstiffie pienk verf. Die skrumskakel Cobus Reinach kry pienk poeier op die wange en aan sy ooglede. Van die ander spanlede se kinders neem dan die slot Lood de Jager onder hande. Die video wys ook hoe Franco gelate sit terwyl sy dogters sy toonnaels verf en sy hare kam.

“Die Springbokke se skoonheidsterapeute,” lui die byskrif wat Juanri by die plasing op Instagram geskryf het. “Die geduld en liefde wat hierdie ouens vir die kinders het, maak mens se hart warm.”

Die Bokke speel Saterdag teen die Argentyne in die tweede toets van die rugbykampioenskap. Hulle het die afgelope week in ʼn bio-veilige omgewing deurgebring om seker te maak niemand steek Covid-19 aan nie.

Mostert en sy vrou het onlangs aangekondig dat hulle hul derde pienkvoet in Desember verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Ai, hoe lekker is dit nou om na hierdie klomp oulike pappas te kyk! Dankie vir die deel daarvan. Die kindertjies geniet hul gate uit en dit lyk die pappas ook! Sterkte vir Saterdag se wedstryd. Ons staan bankvas agter julle. Bou voort op jul puik vertonings!

Hendrik Marthinus ·

Trots Boervrou
Moenie jou steur aan die afduime nie, dus n All Black man seker, Hulle is suur vir die volgende 100 jaar

Trotse Boervrou ·

Dankie Hendrik Marthinus. Geneig om saam met jou te stem!

Trotse Boervrou ·

Dankie Hendrik Marthinus. Ek is geneig om saam met jou te stem!

Maggies ·

Dit is nou sowaar die béste berig wat ek hierdie jaar gelees het. Dankie vir die deel hiervan. Bokke julle is beslis die beste bokke vir sport (letterlik en figuurlik).
Sterkte vir Saterdag.

Hendrik Marthinus ·

Te kosbaar vir woorde
Ons Bokke man, wys jou net, kliphard op die rugby veld, maar Harte soos goud van die veld af.
Lekker om n Bok te wees, nog lekkerder om Hulle so nederig te sien.
Hou dit so manne, julle maak ons Harte trots, regte manier vir Wereldkampioene om op te tree.

Anel ·

Te dierbaar vir woorde. Dit wys net dat onder daardie harde velle op die rugbyveld skuil daar die sagmoedigheid van ‘n goeie en liefdevolle pappa. Ek glo ook dat dit so baie vir hulle almal beteken om soveel ontspanne tyd saam met die kleintjies deur te bring. Iets wat nie aldag seker gebeur nue. Ek glo ook dit maak hulle rustig voor die wedstryd. Geniet die kinders. Môre is hulle groot.

Misky ·

Te kostelik!!!! Dankie vir die deel en ons staan bankvas agter julle manne

Soethappie ·

Hoe dierbaar van die Mostert dogters. Baie dapper van die proefkonyne. Spieeltjie, spieeltjie aan die wand. Sterkte vir Saterdag Bokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.