Kykers boos na Afrikaanse nuus ‘verdwyn’ op SABC

sabcSuid-Afrikaanse televisiekykers is boos oor hulle nie die Afrikaanse nuus op die SAUK se televisiestasies kan kyk nie, berig Channel24.

Volgens die berig het die SAUK besluit om glad nie die week die Afrikaanse nuusbulletin uit te saai nie weens die Sokkerwêreldbeker wat tans in Brasilië plaasvind. Die SAUK het glo aanvanklik die Afrikaanse nuusbulletin wat gewoonlik om 19:00 op SABC2 uitgesaai word na SABC3 geskuif om 19:30.

Volgens die berig het die Afrikaanse nuusbulletin nou egter heeltemal van die SAUK se televisiestasies af verdwyn aangesien SABC3 glo ook nie plek het om dit uit te saai nie.

Die Xhosa en Zoeloe nuusbulletins word egter glo steeds uitgesaai. Afrikaanse kykers sal volgens die berig eers weer Vrydagaand die Afrikaanse nuusbulletin kan kyk wanneer dit glo weer op SABC3 uitgesaai sal word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Charmaine ·

Ek dink dis uiters swak en onprofesioneel van die SAUK om die Afrikaans sprekendes sommer net so te ignoreer! Hoekom kan die sokker nie net op bv TV 1 uit gesaai word en die res gaan soos gewoonlik aan nie!!!!!! Maar soos gewoonlik Word ons nie in ag geneem nie en word di massas ge-akkomodeer!!!! Dis nie reg nie! Ons is n reenboog nasie en Almal moet in ag geneem word!!!!!!!

se-net ·

Ek het net SABC 1-3.Meeste v ons Afrikaans sprekendes kyk nie sokker nie, maar nou word dit in ons keelgate “afgedwing”. Afrikaans word lankal afgeskeep. Selfs destyds met die wereld beker. So, ek betaal lankal nie meer lisensie nie!!!!!

Fanjan Combrink ·

Net omdat die SAUK nie Afrikaanse programme ontwikkel nie, gee jou nie die reg om nie jou lisensie te betaal nie. Die lisensie is jou toegang om die dienste te gebruik wat die SAUK aanbied. Indien jy nie van die programmeering hou nie, hou op jou lisensie te betaal en hou op om die SAUK kanaale te gebruik.

Boonop, van ‘n marknavorsings oogpunt, wat dink jy vertel die data vir die netwerk in terme van programmeering: Ons het 250,000 Afrikaans sprekende kykers (die wat hul lisensie betaal), so ons kan maar afskeep aan hulle siende hulle die minderheid is (en kom ons neem aan vir arguments onthalwe dat die SAUK wel hoogsgeleerde mense instel in sluitel poste).

Deur om nie jou lisensie te betaal nie is jy besig om op jou eie tone te trap. Net omdat iemand jou tenaakom beteken nie jy kan hulle tenaakom nie. Hou jou kant skoon, wees die goeie voorbeeld.

Grassie ·

Fanjan – gaan speel liewers op ‘n ander plek. Ek glo nie jou arrogante en baasspelerige kommentaar gaan hier enige byval vind nie. Gaan verwyl liewers jou tyd saam met die “hoogsgeleerde SAUK-mense in sluitel poste ” (sic) waarvan jy praat en laat ons arme klomp plebs maar aan ons lot oor. Maroela sien goed genoeg om na ons nuusbehoeftes.

Griet ·

Gaan soek ‘n dam, ‘n DIEPE en ‘n KOUE een. En spring daarin.Wat betaal SABC jou?

Peter Says ·

Van nou af, weier ek ook om enigsins n bydrae te lewer. Ek GAan NiKs betaal nie.

Grassie ·

Sovèr dit my betref kan hulle maar die TV nuus permanent af los.Ek dink dit word in elk geval gemonitor sodat die luisteraars net hoor wat die regering besluit hulle mag maar hoor. As ‘n mens ‘n rekenaar besit het jy beslis nie die SABC – nuus nodig nie.

veronica ·

DIS SOMMER BOG,TWAK EN ONSEN!!!! HOEKOM IS DIT ALTYD DIE AFRIKAANSE PROGRAMME WAT MOET SKUIF OF SOMMER NET GEKANSELLEER WORD!!!???? SAUK WIL ONS GELD Hê, O JA!! MAAR NIE ONS TAAL NIE !!!! DIT IS DIE REDE HOEKOM SO BAIE AFR. SPREKENDES WEIER OM LISENSIE TE BETAAL EN EK KAN EERLIK Sê; EK KAN HULLE NIE KWALIK NEEM NIE! EK BETAAL; EN WAARVOOR???? EK KYK NET 7de LAAN (OMDAT DAAR NIKS BETERS IS NIE) SWARTWATER EN DIE NUUS, EN NOU WORD OOK DIT MYONTNEEM? WAAR IS MY REGTE DAN, AS BETALENDE KYKER??? SAUK; WORD WAKKER!!! EEN DAG GAAN IEMAND NOG ‘N AKSIE LOODS WAARIN ONS, AS AFRIKAANERS, ALMAL ONS LISENSIEGELD GAAN TERUG HOU! DAN SAL ONS SIEN WAAR KOM HULLE UIT!!!! SIES MAN!

Sarie ·

Die ander programme steek te veel af by die Afrikaanse programme. So verwyder dit maar liewer dan voel ons beter.

Koos van der Merwe ·

Dis nou uiters lagwekkend! Om in Afrikaans te kyk na “nuus” oor die ANC (en EFF en die res) se skelmstreke, rassisme, korrupsie en onbevoegdheid is heeltemal vermybaar! Ek gee regtig nie om om in die taal van die verdrukker te sien hoe haatdraend hierdie sg. “leiers” teenoor ons mense is nie. Inteendeel, ons hoef nie eens te kyk om dit te besef nie. Dis eintlik maar klein, maar mense sal net so neerval en kniebuig wanneer hul die plase kom beset soos wat die regime nou beplan. So of enigiemand nou TV lisensies betaal of nie, soos die heer Combrinck propageer, maak nou nie eintlik verskil nie. In die wit plakkerskamp betaal niemand lisensies nie, want nie veel mense het nog TV’s nie. Hou julle kant skoon in die plakkerskampe, daar’s plek vir nog so 2 miljoen.

JB ·

“…hoogsgeleerde SAUK mense in sluitel poste…..” Ha-Ha, Hie-Hie!!!!!!!!!!!

J BLOM ·

FRANJAN BY WIE KRUIP JY daar is miljoene ander wat ook nie hulle lisensie betaal nie om verskeie redes.

Tersia Mathews ·

Ek kyk nie nuus nie, ek luister heeldag in my kantoor RSG en weet teen die einde van die dag al die belangrike gebeure. Dit frustreer my net eindeloos om dit nog te sien ook. Sic!

Daarom kyk ek nie nuus nie.

Wat ek wel weet tenspyte van hoe ek voel, indien ons as Afrikaners NIe uitpraat oor die tipe ding nie, sal dit verger.

Ons MOET soos almal om ons op ‘n sigbare manier protesteer.

Sonder om barbare te word, dring aan op jou lisensie betalende regte.

Indien ons sou stilbly, sal dit lyk of dit maar reg is vir ons, dat dit gebeur.

Ons het nie ‘n kultuur van toi toi nie., maar dit het nog altyd gewerk. al is dit in ons geval met woorde.

Gerhard Bezuidenhout ·

Baie swak SABC.Julle wys maar net jul ware kleur.Hou op om jul lisensies te betaal en dan kyk ons hoe die SABC oorleef

Martie ·

Ons kan nou almal “boe en ba” maar dit gaan nie verander nie. Die enigste persone wat dit kan verander is ONS!!!!!!! Voor TV sy verskyning gemaak het, het gesinne saam geeet, kinders het gespeel, daar is gelees en opvoedkundige woordspel en somme speletjies gespeel, niemand kyk mekaar meer in die oe nie, ‘scary’ maar waar !!! EN DAN lees jy in die bybel en hoor dat ons ‘n jaloerse God het want ons spandeer nie meer tyd aan hom nie maar ons afgod die TV. Dit laat ‘n mens dink ne!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.