kykNET-aanbieder aangeval, beroof

Dave Pepler (Foto: Facebook)

Dave Pepler (Foto: Facebook)

Die kykNET-aanbieder en omgewingskenner Dave Pepler is Saterdag op ʼn staproete net buite Stellenbosch in die Wes-Kaap aangeval en beroof.

Pepler, die aanbieder van die natuurprogram Groen, het op Facebook gesê hy en een van sy studente is tydens ʼn ekskursie deur rowers aangeval. Hulle is met houtpale geslaan en klippe bestook voordat hulle selfone gesteel is.

“Ek stap hierdie pad al 40 jaar sonder probleme, maar [met] navrae by die hospitaal en die polisie toon dat hierdie pad nou lewensgevaarlik geword het,” verduidelik hy.

“Ek is kwaad – kwaad omdat [ʼn] drek soos hierdie onskuldige mense soos ons se vryheid inperk en ons ruimtes verklein.”

Pepler het kranige stappers gewaarsku om dié roete te vermy en gesê dat hy die saak verder gaan ondersoek.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat ʼn rooftog by African Valley ondersoek word.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

m ·

Verby is dae van rustig op n staproete gaan. Ai mens mis die goeie ou dae. Vandag is jy n gevangene in jou eie huis want jy is te bang om uit te gaan. Hoe heinings en dik diewerings is ons lewe vandag…… Dis so tragies.

Lize ·

Mens is in vandag se tyd nie eers meer veilig in jou eie huis nie.

Jaques ·

Ja, mens kan werklik nerens gaan nie, en hier in die Kaap is daar oral sulke mooi plekke om te gaan stap, maar ek sal dit nooit waag nie.
Selfs die ander dag by Blouberg op die strand het ek op een stadium gaan staan saam my vrou en dogtertjie om twee “mans” wat ons vir geruime tyd stip gevolg op te vorseer om verby te gaan. Hulle het nou wraggies kort na hulle verby ons is ook gaan staan en so besig moontlik probeer lyk terwyl hulle ons dopgehou het.
Dit alles helder oor dag!
So selfs daar kyk ek alreeds almal aan asof hulle potensiele misdadigers is, veral daai “mense” van die ander “lande”.

Lin ·

Ons gaan stap wel. Maar ek en my man is gewapen. Ons is opgelei en gereed. Ons bekyk almal met agterdog. Ek skiet om raak te skiet en ek weet hoe om te skiet dat die skobbejak nie net gaan wegkom om weer dieselfde te gaan doen aan die volgende persoon nie.

Lucas ·

Lin en dan neem die nikswerd Polisie jou in hegtenis want jy is mos ‘n rassis wat die arme onskuldige mensies seermaak wat maar net toevallig ook daar gestap het!!

Francois ·

Mooi so Lin. Moenie dat enigiemand jou van iets anders oortuig nie. Wettige gebruik van vuurwapens is die verskil tussen lewe en dood/aanranding.

FW TE DANKE ·

Die nasionale party en liberales en hulle verraier FW de Klerk het niks hiervan gesê nie, hulle het ons in n hinderlaag gelei

Kouter ·

Reg so Lin!
Gaan die gevalle studies na: waar mense (wit/swart) met geweld verset het, is hulle onskuldig bevind en die sake is uitgegooi. Die feit is egter om seker te maak dat jy nie die ‘evidence’ manipuleer nie en dat jy seker was jou lewe/eiendom was in gevaar.

Ek dink egter Peppies het nie die hart om iemand dood te skiet nie!

JS ·

Mooi so Lin, so lekker om te hoor ander stappers is ook paraat. My instelling is ‘wanneer’ ek aangeval gaan word, en nie ‘of’ ek aangeval gaan word nie, en ek berei my dan so voor. Dis my land en geen krimineel gaan my keer om die natuurskoon te geniet nie, die wat net wil kla kan maar by die huis bly. My 9mmKort (9x17mm) pistooll weeg onder 400gram en pas in ‘n broeksak, dis nie eers moeite om dit saam te vat nie. Dit gaan my verstand te bowe dat iemand in vandag se tyd nog gaan stap sonder ten minste pepersproei, hoe naief kan mens wees?

Lucas ·

Ja want die skuim van die aarde wat werkloos in hulle eie lande in Afrika is word hier hartlik verwelkom om te kom roof en moor asof ons nie genoeg van ons eie hier het nie!!!

Anne ·

Jy is nerens veilig nie, en dis nie die blankes wat aanval nie, dis hartseer, apartheid het ‘n ander era betree.

Louise ·

Dis hartseer dat dinge in die land so punt bereik het waar my eerste gedagte was, darm was dit net klippe en houtpale en aan gegaan het om te dink hoe dankbaar ek sou wees vir daai feit ipv messe of n geweer of selfs erger.

toy ·

Ek mis my kinderjare vreeslik. Ons kon selfs laat in die strate speel. Nou kan jy nie eers in die middel van die dag sommer net gaan stap vir oefening nie.

Links is verraaiers ·

Genoeg leuns van die liberales, genoeg van die beloftes van n new age, dit veroorsaak net verval en misdaad. Terug met goeie waardes!!!!!!!!

Dup du Preez ·

EK IS GESKOK.
Na aanleiding van wat hierbo onder “Nou pra’ jy” staan; Hierin is my afleiding dat boosdoeners maar kan moor, verkrag, wreed aanrand, martel en roof, solank jy dit tog net nie waag om ‘n kras woord teen so ‘n persoon(e) te uiter nie, want dan doen jy iets baie ERGERS as die gruweldade van die boosdoene(rs) en skend jy sy/hulle regte gruwelik. Wat op aarde wil julle hê moet ‘n mens sê?

Sann ·

Ek wonder hoeveel mense sien die verband raak tussen die verlengde wapen-amnestie en die DAAGLIKSE aanvalle op vreedsame, onskuldige burgers….. Dieselfde wetsgehoorsame burgers wat by spoedgrense hou, verkeersligte stop, belastingopgawes indien, alle denkbare lisensies en tolhekskywe koop, en dan nog ewe getrou jou handwapen gaan inhandig, omdat die lisensie daarvoor afgekeur is. Dís die slagoffers! En die derduisende selfone wat kamstig in die “rooftogte” gesteel word…. Net ‘n rookskerm! Ek dog dis hoekom ons Rica en simblok – maak mos die foon nutteloos. Skuus dat ek so naïef my vertroue plaas in “veiligheidsmaatreëls”, dit is maar seker my verfoeilike koloniale beskaafdheid.

Johann Barnard ·

Rica is geskep om eerbare mense se informasie te steel.

Ingrid ·

Ek is geskok dat so baie mense ‘geskok’ is. Dit gebeur al jare en elke keer is ons ‘geskok’. Dit gáán gebeur as jy nie paraat is nie. Paraat= gewapen en voorbereid om deur gewetenlose skobbejakke aangeval te word. Die afgelope week hier in Pretoria is die ‘ hel’ behoorlik los. Ons beleef daagliks n gorilla oorlog waar onskuldige mense vermoor word.
Moet niks van ander verwag nie, want jy gaan teleurgestel word. Elke indiwidu moet SELF paraat wees.

Charles ·

Janee, dit is nog maar net die begin !!
Ons president nooi dan almal uit Afrika na hierdie “beloofde land”.
Hier hoef na hulle nie te werk nie……steel, moor, roof en pleeg ander gruwel misdade na hartelus…….Die staat “keur dit goed” deur simpatiek gesind te wees met hierdie drek !!

weesWys ·

Psalms 91:1, 5, 9, 14 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

Piet Boer ·

Eie grondgebied, eie wette, eie polisie, eie regering en ‘n dik heining tussen ons en die vuilgoed.
Ons móét dit begin vereis en afdwing. Ons tyd raak min.

bella ·

Gebeur daagliks. Net God kan hierdie land red. Ek plaas in Jesus Naam hierdie demone in God se Hand. Vreeslik om te val in die Hand vd Lewende God. Amen.

SARIE VAN HEERDEN ·

Dis asof ek Dave Pepler op my tvskerm sien waar hy sy kop so effe skuins draai voordat hy weer reguit in die kameralens kyk en se: “En so wragtag hul kom my aanrand …………”
Sterkte aan Dave Pepler en wees voortaan versigtig, ons het jou nodig.

Inus Bester ·

Welkom in die Nuwe Suid-Afrika Dave!

Ek het saans om die beurt gedraf, fiets gery en gestap. Vandag in 2004, op Menseregtedag 21 Maart, is my regte geskend toe ek die aand omstreeks 18:00 gaan stap het en in die dorp deur 3 jong bruin Afrikaanssprekende laaities met messe aangeval is. Verkeerd hoe dit ookal klink, het ek my teëgesit, en ná ‘n wond aan die voorkop en wenkbrou, het hulle die pad gevat… en ek het gebukkend huis toe geloop as gevolg van die kopwond wat gebloei het – soos water uitgeloop! Vandag is dit 13 jaar dat ek nie meer stap, draf of fietsry nie – ek is te bang. Hulle loop steeds vry rond. En wat het van my mensereg geword?

Hendrik ·

Ek het ‘n oplossing maar min mense wil luister. Skep ‘n “Orania” langs elke dorp en vestig daar. Dan het jy jou ou veilig dorp weer terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.