kykNET beboet ná grappie oor Tourette-sindroom

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het kykNET met R30 000 beboet nadat lyers van Tourette-sindroom in ‘n program nageboots is.‏

“Die tribunaal het bevind dat die nabootsing ‘n ernstige aantasting was van die waardigheid van mense wat aan Tourette-sindroom ly, en dat die komiese aard van die episode die effek vererger het,” het die kommissie in sy uitspraak gesê.

Die klag was oor twee episodes van kykNET se komediereeks, Proesstraat. Die program word sonder ‘n draaiboek en voor ‘n gehoor opgeneem.

Op 10 Februarie en op 10 Maart het die aktrise Eliza Cawood aan twee van die akteurs gesê om te maak of hulle aan Tourette-sindroom ly.

“Ons gevolgtrekking is dat die waardigheid van mense wat aan Tourette-sindroom ly aansienlik belangriker is as kunstenaarsvryheid,” het UKKSA gevind. “Ons is van mening die huidige geval was ernstig van aard.”

kykNET moet die boete voor 31 Augustus betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

HEVW ·

Maak tog asseblief n einde aan hierdie goedkoop oppevlakkige gemors. Hul sogenaamde humor verteenwoordig regtig nie die gees van n opgevoede mens nie. Daar is reeds vantevore met Joost van der Westhuisen se siekte gespot wat pynlik en onvanpas was.

Trippie ·

Ek stem – ek verpes dit wanneer daar die spot gedryf word met siekte, ongeag watse siekte dit ookal mag wees. Ek vind dit beslis ook nie humoristies nie, maar uiters laag en gemeen.

Lag 'n Slag ·

Ag nee man; Proesstraat is skreeusnaaks!!! Miskien sien julle net nie die humor raak in julle donker wêreld nie.

HEVW ·

Met so n wrang sin vir humor leef daar beslis mense in n donker wereld.

Babs ·

Behalwe dat dit vlak humor is, word dit week na week herhaal soos meeste kykNET programme.

Gerhard ·

Die eerste reeks van Proestraat was darem so bietjie beter, my Seun het ook Tourette sindroom en ek het ook ophou proestraat kyk na die “Tourette” episode

Van ·

Nou hoe moet die arme blondes en die brakpanners en oosranders dan voel, daar word in elke grappie en radio stasie gespot met hulle…..

Elizabeth ·

@Van – blondines en Brakpanners sowel as Oosranders is nie ‘n siekte nie – groot verskil. Daar is genoeg dinge om grappe oor te maak, los liewer sensitiewe sake uit. Ekself het nog nooit na die program gekyk nie. Korreksie, ek het eenkeer ingeskakel en na eerste paar minute besluit dis gommierig. Genoeg ander beskaafde dinge om te kyk wat!

Elizabeth ·

Maroela waar is my kommentaar? Ek het NIKS leliks gesê nie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.