kykNET beboet oor ouderdomsperk

kykNET_logo_A5Die Afrikaanse televisiekanaal kykNET is beboet nadat hy die verkeerde ouderdomsbeperking vir ‘n kortrolprent geklassifiseer het.

Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het kykNET met R20 000 beboet. UKKSA sê hy het ‘n klag ontvang oor die kortfilm “Damduikers” wat op 7 Desember om 6:00 die oggend uitgesaai is. Die ouderdomsbeperking is as “16” op die skerm aangedui maar as “familie” op DStv se elektroniese ouergids. Die klaer meen hy was dus nie in staat om die uitsending wat kru-taal bevat het te blok nie.

Multichoice, namens DStv en kykNET, het toegegee dat dit ‘n “menslike fout” was en het om verskoning gevra. Multichoice het egter aangevoer dat die korrekte ouderdomsbeperking op die skerm vertoon is en dat die kyker dus kon besluit of die program geskik was om te kyk.

Kobus van Rooyen, UKKSA-voorsitter, sê hy is bewus daarvan dat dit ‘n reuse taak is om die elektroniese ouergids te bestuur. Hy sê die kyker het egter op die gids staatgemaak om outomaties die program te blok en dat die ouderdomsbeperking wat op die skerm vertoon is slegs relevant sou wees indien die ouers teenwoordig was. “Die beskerming van kinders bly van kardinale belang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anon ·

Jis! Mense kan oor strooi kla. Moenie vir my se jou kiddies het nog nooit kru taal gehoor nie? Of is jy so heilig? Nee wat mense kla soms oor n pot “peeeeeep”. Ek neem aan dis seker klein kindertjies wat eerder daardie tyd of nog moet slaap of pop speel of karretjies rond stoot. As dit oor sex gegaan het, het ek verstaan maar he’ll nie oor kru taal nie. Gaan jy heeltyd jou kinders se ore toe druk as julle by n geselskap kom en die oom vloek so bietjie? Kyknet julle bly tops! Mense sal altyd iets he om oor te kla. Ons ander geniet julle programme en foute IS menslik.

Elizabeth ·

Ja-nee REGTIG? Wie kyk 0600 tv? As dit op ‘n Saterdag was dan le meeste mense wat werk bietjie laat na ‘n week van harde werk. As dit ‘n weeksdag was, of ‘n Saterdag wat mense werk – nou-ja dan is meeste mense aan die gang om klaar te maak vir werk en hang nie voor die tv rond nie! Party mense het ook niks anders as om te doen as kla – voel hy/sy noubaie gelukkig dat Kyknet beboet is? Ai tog…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.