kykNET Lekker, ʼn nuwe Afrikaanse kanaal, word binnekort op een van die goedkoopste DStv-pakkette bekend gestel.
Dit sal van 9 Maart (volgende Maandag) op DStv Access teen R115 p/m beskikbaar wees.
Die kanaal sê kykNET Lekker sal ʼn verskeidenheid kykNET-programme van sepies, leefstyl- en kinderprogramme tot musiek bevat.
Al die programme sal herhalings wees van dít wat voorheen op sommige van kykNET se ander kanale uitgesaai is.
In ʼn verklaring sê die kanaal op DStv Access sal kykers programme soos Jou show met Emo vir komiese vermaak kan geniet, terwyl die fiksheidskenner Linda Kriel kykers sal inspireer om fiks te word met Kry daai lyf.
Afrikaanse sepies soos Suidooster en Binnelanders sal ook op kykNET Lekker beskikbaar wees. Vir die kleinspan is daar vermaak soos Teddies, Bundu Buddies en Groentjie. Die programmering sal daagliks afsluit met musiekblokke van verskillende musiekvideo’s en gewilde musiekprogramme soos Joltyd, Kom ons karaoke, Luister, #Duidelik en Sakkie Langarm.
“kykNET Lekker sluit aan by die ander kykNET-kanale om Afrikaanse inhoud bekostigbaar en toeganklik aan DStv-intekenare te bied. Dit sal ’n verskeidenheid van die beste Afrikaanse programme uit die kykNET-skatkis bied en sal slegs beskikbaar wees op die DStv Access-pakket,” het Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale, gesê.
kykNET is beskikbaar op Premium (R819) en Compact Plus (R529).
kykNET&kie en kykNET NOU! is beskikbaar op die Premium- en Compact Plus-pakkette, terwyl kykNET&kie en kykNET NOU! beskikbaar is op die Family-pakket (R279).
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Dit is die hoofredes hoekom ek destyds ook my dekodeerder vernietig het herhalings en diskrinasie teen my mense
Ek merk al lankal op hoe die aard van die advertensies verander het wat ras betref
Sogenaamd Afrikaanse kanaal dan word ( low budged) snert aangebied en boonop tot satwordens toe herhaal en soos alreeds genoem is die advertensies blykbaar te gevorderd virdie aanbieding deur Afrikaans sprekende mense wat blank is
Hoekom moetvons so duur betaal vir Afrikaanse kanaal terwyl vreemde ksnale in jou keel afgedruk word. Wanneer kry ons vrye keuse van kanale. Hulle erken net ons besraan wanneer dit by geld kom
Dis net R119 te veel…