kykNET se ‘Dagbreek’ vat ʼn tydelike blaaskans

kykNET se 'Dagbreek'-span Foto: kykNET Dagbreek, Facebook

kykNET se ‘Dagbreek’-span Foto: kykNET Dagbreek, Facebook

kykNET se ontbyt- en leefstylprogram, Dagbreek, gaan vanaf 3 April 2015 tydelik nie meer uitgesaai word nie.

“kykNET het ʼn baie lojale vroegoggend gehoor, en ons werk tans aan ʼn aanbod wat in die spesifieke behoeftes van hierdie gehoor sal voldoen,” het Maryke Allers, woordvoerder van M-Net, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Allers word die laataand-aktualiteitsprogramme, wat gebou was op die Dagbreek-platform, ook hierdeur geraak. “Meer besonderhede oor die laataand-skedule vanaf April sal binnekort bekend wees,” het sy gesê. “kykNET glo daar is heelwat potensiaal om ons laataand-gehoor te groei met ’n vars en innoverende aanbod bestaande uit die regte mengsel van aktualiteit, leefstyl en vermaak.”

Dagbreek het twee jaar gelede die lig gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Theresa ·

Ag daar word altyd gekrap waar dit nie jeuk nie. So word alles wat nice is maar stukkie vir stukkie en bietjie vir bietjie weggevat tot net die gemors gaan oorbly. Dis nou maar met alles so. Hoekom “skuif” julle nie ook die irriterende sepies nie….??

Takkie Takuuza ·

Ag Kyknet reruns hoekom maak julle maar nie net toe nie? Multichoice het in elk geval die blankes aan die watsenaam beet. Daar is nie een bouquet wat supersport 1 insluit behalwe die heel duurste een nie. So Kyknet is net daar om die deurgemelkte Afrikaner te paai met afskeep materiaal. So ek sê julle wat; druk dit waar die son nie skyn nie.

Chrisjan ·

Dis maar net weer n bewys, van wat hul dink van ons Afrikaners ,daar sal niks oor bly ,ons betaal ten duurstes ,gaan kyk maar wie is in beheer van Multichoice ,ons is moeg om al hierdie dinge te aanvaar ,ons sal eendag weer in beheer wees, nog bietjie geduld en gebede
Groete

Babs ·

kykNET het seker agter gekom hulle het nie meer baie kykers oor met die programme wat hulle aanbied. Met al die hersuitsendings wonder ek of Karen dink Afrikaanssprekendes is agter die klip. Kanale 145 (net herhalings) en 146 kan maar verdwyn. As ek musiek wil luister skakel ek die radio aan en kry nog boonop die dag se nuus.

amanda ·

Dagbreek af??? wat , hoekom??? wat moet ons nou in die oggend kyk in Afrikaans??? dis die beste op TV ooit – is kyknet besig om te vou??? soos alles wat afrikaans is! wie is verantwoordelik hiervoor???

amanda ·

Dagbreek af??? wat , hoekom??? wat moet ons nou in die oggend kyk in Afrikaans??? dis die beste op TV ooit – is kyknet besig om te vou??? soos alles wat afrikaans is! wie is verantwoordelik hiervoor???

jimmie adendorff ·

Bitter bitter jammer ,kannie verstaan dat sulke inseggewende programme van die lug afgehaal word. Hoop dit kom gou weer terug. Het nie 1 program gemis nie.

Rika de Bruyn ·

Dagbreek was die hoogtepunt van my oggend! Dis wonderlik om te weet wat in die wereld aangaan nog voor jy die werksdag begin. Skande dat dit afgehaal word!!! So terleurgesteld.

Mike Falk ·

Ja alles val uitmekaar geen hoop meer in hierdie wonderlik land waarin ons bly. Die beste aanbieder en die intelligenste program word net weggevat.
Die waarheid word net nou meer verdoesel.

werner krugerwernerkruger0603 ·

Dit is die grootste skande en skok om te verneem dat Dagbreek afgehaal word. Die petrolprys, elektrisiteitsprys, Nkandla ens het my nie so woedend as om te verneem dat ek nie meer my gunsteling program kan kyk nie! Wat is die politiek agter so n besluit? Ek oorweeg dit sterk om my Dstv subskripsie na 20 jaar te kanselleer! Dit is net so erg as om n geliefde aan die dood af te staan. Mag die paneel of persone wat die besluit geneem het vir altyd berou he oor die besluit!

Arrie de Beer ·

AGGE NEE!!!! Wat ‘n bittere skok en teleurstelling!! Een van die WYNIGE programme wat mens nog kon kyk: intelligent, uitstekende aanbieders, goeie navorsing, op-die-man-af- waarhede oor sensitiewe onderwerpe: ‘n heerlike manier om die dag te begin en dadelik op hoogte te kom met die waarheid oor gebeure !! HOEKOM??? Of is dit inderdaad maar net weer deel van die komplot: het hulle te naby aan die been gesny?? Waarmee moet mens nou wakker word!?

Andre van der Walt ·

Dit is waarlik onverstaanbaar hoe die beste program op Tv sommer net weggevat word sonder enige verduideliking. Ons betaal daarvoor! Dit word nou vervang met 2de rangse, ou nuus programme. Speel politiek nou alweer n rol? Dit maak my siek!

Frans ·

Ek is baie jammer oor hierdie slegte nuus! Eintlik is dit vir my moeilik om te glo. Dis nie meer die 1ste April nie hoor! Ek gee julle ‘n kans. As hierdie nuwe, ongevraagde program nie dieselfde of beter is nie, gaan julle beslis weer van my hoor! En julle beter weer dieselfde span gebruik! Ek, en almal wat ek mee praat stemsaam, Dagbreek was die beste program op Kyknet ooit!

pierre ·

Nou wat nou Kyknet.Is julle van julle sinne beroof of ly julle aan een of ander bomskok!!!Hoe kan julle die heel beste program net so van die lug laat verdwyn.Is dit miskien druk VAN die SABC AF.

Hennie Steyn ·

Ons beleef baie dinge en gebeure maar om eweskiedelik te besef ‘n goeie program is sommer so, sonder baie bespreking van die lug af, is een te veel. Wat besiel die bestuur van die kanaal om so iets te doen. Is dit dalk finansieel of sommer net, julle kykers het ons tot hier finansieel gebring en nou doen ons net wat ons wil. Die program Dagbreek het waarde volle inligting met ons gedeel so vroeg in die oggend. Die program was op bouend en van goeie smaak. Nou moet ons die vorige dag se vars nuus ontvang en herhaaling op herhaaling van programme. Spandeer minder geld op die borgskappe/befondsing van KKNK wat elke jaar meer ontaard in ‘n politieke speel bal. Ek raak bekommerd want soos alles word ons stadig maar verseker, so ongesiens as moontlik, van alles beroof. Ek hoop iemand gaan ons so ‘n bietjie by staan.

willie fuchs ·

ses uur elke oggend drink ek koffie en geniet vir die volghende uur nuus in my taal
en n span “mooi” mense wat nog duidelik en stadiger praat ! Die program se nuus / politiek ontleding/ finansies /pers berigte was besonder insig- gewend. Waarna kyk ek nou ? Hoekom
verander n program waarna ons almal elke oggend uitgesien het en waardeer het ?

Nance Joubert ·

Ek wil my skaar by almal wat bitter ontsteld is oor die staak van Dagbreek !!! n Interessante program vroeg oggend om saam met jou eerste koppie koffie te geniet in Afrikaans!! Die herhaling van vorige aand se nuus ens. is uiters vervelig! Nou moet mens na Engelse oggendprogramme kyk!

Adri van Schalkwyk ·

Ek verstaan dat Dagbreek tydelik gestaak is, maar wil graag motiveer hoekom ons as huisgesin die program mis. Toe die program 2 jaar gelede begin is met direkte uitsendings het die nuus, koerantkommentaar, politiekekommentaar en ander insette ons oggende net daardie voorsprong gegee vir die dag wat voorle. Ons was baie teleurgesteld om te sien dat Kyknet ‘n program wat “werk” sou opskort of verwyder? Ons mis Dagbreek baie en vertrou dat dit gou weer uitgesaai gaan word!!!!!

Mari du Plessis ·

KykNet ons mis Dagbreek baie. Ai, ons dag is baie armer. Dagbreek was propvol vars nuus, onopgesmuk, interessante mense en onderwerpe. en pittige kwinkslae. Maw ‘n mens-program vir gewone mense. Die aanbieders was puik en natuurlik, sonder enige aansitterigheid. Dis was ‘n lekker program, en tog baie leersaam met waardevolle inligting. Dis nou maar eers ongeveer twee weke en ons is al klaar verveeld met die herhalings van laataand programme. Dis sonder oempf en uitgeput. Bring Dagbreek terug asb.

Anneke van Eck ·

Dagbreek was voorwaar die beste program op Kyknet. Nou het jul daarvan afstand gedoen en n magdom negatiewe reaksie deur n ondeurdagte besluit, ontlok. Ek was altyd n groot aanhanger van Morning Live, maar sedert die afsterwe van hul geliefde aanbieder, nie meer. Duidelik is die afsterwe van Dagbreek, ook die afsterwe van Kyknet. Deur n vervelige laatnag program te herhaal, met die laatnag tye op die skerm, jaag jul kykers in strome weg. Kyknet = Wegnet.

Etienne Labuschagne ·

Hierdie heruitsendings is ‘n skande! Ek sal maar April se betaling gebruik vir Mei (ek kan mos seker ook maar ‘n heruitsending van my betaling doen)!

Sonja Ebrecht ·

As ek die kommentare lees, kan ek nie eintlik iets byvoeg nie, dit se alles. Ek bly in nie Suid Afrika nie, ek is in Namibia, ek is nie eers Afrikaans sprekend nie, ek is Duits, maar vir my was Dagbreek die lekkerste program elke dag. Ek het ook elke oggend met my koppie koffie gesit en gekyk wat in ons buurland aangaan, en is nou effens verlore in die oggend.
Ek hoop net Kyknet kom gou vorendag met ‘n plaasvervanger, maar dit sal maar sukkel om die span en die inhoud te vervang.

Willa ·

BAIE teleurgesteld. My dag het elke dag met Dagbreek begin. Dit was baie insiggewend en informatief. Ek stel glad nie meer belang om enigsins te kyk nie. Jammer Kyknet. Nog n kyker verloor.

Welda ·

Bring asb Dagbreek terug. My dag is beslis nie meer nie dieselfde sonder Dagbreek nie. Ek was op hoogte van al die jongste nuus en gebeure en sommer nog ‘n paar ander dinge. Was die mense soms te eerlik met hul opmerkings??? Ons soek Dagbreek terug met sy wonderlike span mense met al hul kwikslae.

A. Bernard ·

Gaan dagbreek weer terugkom? Hoop regtig so. Was een van ons huisgesin se gunsteling programme vroegoggend. Hoop daar kan ‘n plan gemaak word.

J Wiid ·

Wanneer kom Dagbreek weer terug? Die laat aand programme na my sin word te laat aangebied. Ons gesin mis Dagbreek en wil nie eers na die ander kanale kyk nie want ons soek Afrikaans!!!!! Dit is ‘n groot jammerte dat Afrikaans altyd ontneem word van sy regte!!!!!!!!!!!!!!!!!

Marcel Cronje ·

Bring asb Dareek terug. Julle het raakgevat met die program. Jou dag het sommer reg begin met die pittighede en tong in die kies opmerkings van die aanbieders. Die tyd was ook altyd daar om te sien wanneer ons moet ry. Hierdie heruitsendng van julle laataand programme doen dit nie vir ons nie. Dit kan op ‘n ander tyd weer gewys word. Dit gee mens die indruk dat julle finansies nie wel is nie. Miskien is die hele kanaal volgende om te verdwyn. Nee kykNET, kry asb julle prioriteite reg. Ons betaal immers daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.