Knysna-man aangekla oor hy glo hond sleep

Gina. Foto: Knysna-dierekliniek/Facebook

Gina. Foto: Knysna-dierekliniek/Facebook

‘n Saak van dieremishandeling is teen ‘n man van Knysna aanhangig gemaak nadat hy glo sy hond agter sy motor aangesleep het.

Martin van Leeuwen, voorsitter van die Knysna-dierewelsynsvereniging, sê twee inwoners van Brenton-on-Lake het aanklagte van dieremishandeling teen die hond se eienaar aanhangig gemaak na die voorval wat Donderdag plaasgevind het.

Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat daar Vrydag ‘n saak by die Knysna-polisiestasie geopen is. Die voorval het na bewering in Galjoenstraat plaasgevind. Steyn sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

The Star berig daar was ‘n tou om die hond se nek vasgebind. Volgens die berig was die eienaar glo kwaad omdat die hond uit die erf ontsnap het. Die hond is na die Knysna-dierekliniek geneem vir behandeling.

Die Knysna-dierekliniek het intussen op sy Facebook-blad gesê die hond, wat nou Gina heet, goeie vordering toon. “Ek is bly om te kan sê dat sy waarskynlik ten volle sal herstel,” het dr. Mark Shortreed in ‘n verklaring op die Facebook-blad gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Trippie ·

Vat dieselfde tou, sit dit om die eks-eienaar se nek, en sleep hom met sy eie motor sodat hy die pyn en lyding wat hy die onskuldige dier aangedoen het, eerstehands kan beleef. Dit is doodeenvoudig WREED !

Adele ·

Wat van die man wat sy hond langs sy voertuig laat hardloop het in Northriding, in die hoofpad nogal??? Dit was die hele Twitter vol en toe hy gevra was hoekom hy dit doen, toe word hy heel kwaad en se, die hond moet oefening kry! Die berig was aan die gewilde “pig spotter” op Twitter gestuur met ‘n foto van die gebeure.

Theresa ·

Doen dieselfde aan die idiotiese eienaar van die arme dier. Hulle is te swak vir mense en om hulself teen sulke hartelose goed te verdedig. Dink net wat het deur daardie arme dier se kop gegaan en hoe seer moet hy net nie hê nie. Jou vieslike ding. Jy moet nooit laat ek jou iewers raakloop nie……………..

Elizabeth ·

Ek het nie woorde nie – ek hoop nie hierdie hond gaan terug na die gemors nie! Hy mag ook NOOIT weer enige diere aanhou nie – DBV hou hom asb dop!!

Debra Botha ·

Ek kan nie die psige van sulke mense verstaan nie. Ek wens iemand wil hom bietjie agter n voertuig sleep!

Johann ·

Hoe kry iemand dit oor sy hart om enige vorm van lewe te mishandel? Honde agter motors aansleep! Renosters se horings afkap! Oumense brand met strykysters, verkrag en vermoor! Op brandstapels verbrand! Die omgewing word verniel. So is die metodes oneindig. Ween God nie, skud Sy kop en is spyt dat Hy die mens gemaak het nie?

So ‘n mooi hond op die foto. Wens die dier was myne.

Trippie ·

Dr J – ek moet jou sowaar WEER komplimenteer met jou skrywe !

“Ween God nie, skud Sy kop en is spyt dat Hy die mens gemaak het nie?”

Johann ·

Dankie weereens Trippie. Die woorde kom spontaan.
Kyk maar verby die tikfoute want dit is moeilik om te korrigeer met waserige ogies wanneer ek sulke berigte lees. As ek so voel weet ek nie hoe moet God voel wat alomteenwoordig is dus alles weet en sien nie!

Trippie ·

Steeds, baie dankie daarvoor – spontaan, tog beteken dit ONEINDIG baie vir my, en ek glo vir enige Christen-mens.

anita ·

Eerstens moet so ‘n persoon geen dier aanhou nie. Dit is ‘n feit dat as kinders nie tot hulle 6de jaar met sprokies opgroei nie, is daar geen fondasie vir algemene sleg reaksies nie, dit sal ook heel moontlik wees dat hierdie man opgegroei het in ‘n geweldadige huishouding, en hy hierdie soort gedrag as gewoon beskou. Vir sy straf moet hy diens doen by die Diere vereniging elke naweek vir 2 jaar, dan kan hy leer hoe om met diere om te gaan, soms is dit nie net diere nie maar ook kinders.

Hy is ‘n geestelike siek persoon, die doodstraf as dit daar was is te goed vir hom.

Frank Passano ·

Ek bly in Knysna en dis n dump; strate in chaotiese toestand, winkelruimtes leeg; buitelandse dwelmsmouse oral. Treurige lot. Dink mense is gatvol vir wat hier [en oral in die land] aangaan.

veronica ·

Ek smeek weer: ASB!!!!! SWAARDER strawwe vir dieremishandeling!!! Boetes help nie! Hulle lag daaroor!! SWAAR tronkstraf, glo ek, is die oplossing!!! Of: nog beter: betaal hulle op eie munt terug! Sleep jy ‘n hond vir bv ‘n kilometer, dan word jy vir ‘n kilometer gesleep. Skop en slaan jy die dier, dan word jy geskop en geslaan ens.! En glo my; ek sal eerste volunteer om die straf toe te pas!!! My siening; as iemand nie respek het vir ‘n dier nie, het hy VERSEKER ook nie respek vir ‘n mens se lewe nie. Hy verdien dit nie om asem te haal nie! Wens net die DBV wil name en foto’s publiseer van sulke misbaksels!!! Ek dink baie maal; God kyk na wat Hy geskape het (die mens) en Hy gril! Verseker is dit nie wat Hy in gedagte gehad het nie! Met alle eerbied aan ons grote God.

Nandi ·

Wette moet in SA so streng wees soos Animal Cops oorsee. Tronkstraf is die enigste uitweg vir dieremishandelaars. Hoekom ‘n troeteldier aanhou as jy nie vir hom/haar lief kan wees nie! Hulle is net sulke Godgegewe wesentjies soos mense. Hulle word deur God in jou sorg toevertrou en wie gee jou, dieremishandelaar, die reg om daai hond te mishandel! Ek wens ek kan sulke mense in die hande kry. Ek sal hul knieë afskiet en dan ook in die straat afsleep!!! Dankie ek gaan nie eendag in jou/julle skoene wees as jy/julle voor God gaan moet staan en verantwoording moet gaan doen vir dit wat jy aan jou hond gedoen het nie!!!

Tharina ·

Dit is onmenslik! Wat word nou van die hond? As ek dit nie mis het nie is dit ‘n Rhodesia Ridgeback. Dis honde wat moet kan beweeg gee hom vir my ek het spasie vir hom.Nee sies jy het hom gekies nou maak jy so!!!!!!

waarnemer ·

Ek het onlangs die televisie program waarna verwys word gesien en ‘n hond wat vir minstens (moontlik langer volgens hulle veearts)12 weke lank met gebreekte been geloop het is gekonfiskeer en behandel deur die relevante vereniging.Nadat die hond gesond gedokter is is hy/sy terug geneem na die einaar wat trots op kamera gese het haar diere is soos haar kinders!Ek het gewonder of sy haar kinders ook vir 12 weke + met ‘n gebreekte been sal laat loop.Waar is die logika in hoe die saak geadreseer word?Die sisteem is onvoldoende en solank dit so voortgaan (geen negatiewe gevolge vir hierdie wrede aksies nie) sal die mishandeling voortduur; dis vanselfsprekend.Daar is opsies vir enigiemand wat nie ‘n veearts kan bekostig nie – die Diere Welsyn Vereniging, so daar is geen verskoning vir die gedrag op geld gebaseer nie.Jy hoef nie ‘n matriek te he om te weet dat as jy nie kan omsien na ‘n dier se mediese behoeftes nie jy nie een behoort aan te skaf nie – dis ‘n keuse.Net soos ‘n kind wat meer as net kos en klere nodig het het diere ook meer as kos en skuiling nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.