KZN-aardbewing meet 3.8 op Richterskaal

Swembaddens op Durban se strand Foto: bugbog.com

Swembaddens op Durban se strand Foto: bugbog.com

Die aardbewing wat KwaZulu-Natal se kusgebied Saterdag geskud het, het 3.8 op die Richterskaal gemeet, het die Raad vir Geowetenskap Sondag gesê.

“Ons het dit gemeet as ʼn aardbewing van 3.8 langs die kus van Umhlanga, wat ooreenstem met berigte wat ons ontvang het van hoe persone die aardbewing beleef het,” het seismoloog Michelle Grobbelaar gesê.

Die oorspronklike lesing dui daarop dat die aardbewing op ʼn diepte van 5 km plaasgevind het.

“Teen die tyd wat die seismiese golwe die kus getref het, het ʼn groot deel van die intensiteit reeds ontsnap, en daarom was die ervaring soortgelyk aan ʼn aardbewing van 3 in die binneland,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig die aardbewing het omstreeks 11:30 plaasgevind en het ʼn paar sekondes lank geduur. Gebruikers het dadelik op sosiale media hul ervarings gedeel en die aardbewing is tot so ver suid as Margate tot Richardsbaai in die noorde en Pietermaritzburg in die binneland, gevoel.

Geen berigte van skade is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris Goosen ·

Of die rand wat geval het. Sal moet wag dat Zumpie klaar lag voor ons n antw. Kry

DPJ ·

En daar’s mense wat sê hulle het niks gevoel nie. Ha Ha Ha.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.