KZN-betogings: Polisieman geskiet, bus afgebrand

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Tien vroue wat in hegtenis geneem is nadat ʼn betoging naby Msinga in KwaZulu-Natal gewelddadig geraak het, sal vandag in die Msinga-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep van 150 betogers het Dinsdagaand in Keats Drift paaie met brandende bande en klippe afgesper. Die tien vroue, tussen 19 en 37 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat die betoging gewelddadig geraak het. Niemand is egter beseer nie.

Volgens Zwane is nog betogers Maandagoggend langs die M25 naby Bhambayiweg in hegtenis geneem nadat ʼn metropolisiebeampte tydens die gewelddadige betoging in sy gesig en regterarm geskiet is. “ʼn Munisipale bus is ook deur betogers aan die brand gesteek,” het Zwane gesê.

“Sake van poging tot moord, opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld word ondersoek. Altesaam 19 verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem en aangekla van openbare geweld.” Die verdagtes het reeds in die Ntuzuma-landdroshof verskyn en die saak is tot 24 Augustus uitgestel.

Zwane het gesê die polisie veroordeel die geweld en doen ʼn beroep op gemeenskappe om hulle nie tot onwettige optrede te wend nie. “Ons sal nie aanvalle op ons wetstoepassers duld nie en dié wat daarvoor verantwoordelik is, sal aangekeer en vervolg word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Beeno ·

Taal: Dink dis eerder bus uitgebrand (of gebrand). Geboue brand af, maar volgens my kennis brand voertuie uit. Klink net nie reg nie.

tamboti ·

Ja dit het jy daarvan as demokrasie op gepeupel afwentel, en hul ken nie die verskil tussen reg, voorreg en verantwoordelikheid nie. Kom by die stem bus, dan wys hulle net hoe eendragtig hul is, en toi-toi, gooi en brand hulle dan verder oor alles. Al singende en dansende!
Kry vir julle!

snoefie ·

ek hoop die hof huldig ook die polisie se mening en straf dienooreenkomstig. swaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.