KZN-boer by beeskraal geskiet

Argieffoto

ʼn KwaZulu-Natalse boer is Maandagoggend by die beeskraal op sy plaas in die Winterton-gebied geskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer en sy werkers het vanoggend gesien dat die slotte op die beeskraal vermoedelik oornag geknip is. Hulle was nog besig om ondersoek in te stel toe ʼn onbekende man sy verskyning gemaak het.

“Die man het na bewering op die boer geskiet en hy is gewond. Die boer het teruggeskiet en die onbekende man is doodgeskiet. ʼn Pistool is later in sy besit gevind,” het Zwane gesê. Hy het gesê die boer is na ʼn hospitaal gehaas. Dit is nie duidelik hoe ernstig sy toestand is nie.

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Die aanval is een van ʼn vlaag aanvalle die afgelope naweek. Piet en Tilla van Zyl is dood nadat hulle Saterdagaand op hul plaas in die Roedtan-omgewing in Limpopo oorval is. Anton Smuts (62) van Kinross in Mpumalanga is ook Saterdag tydens ʼn plaasaanval vermoor. Drie mense is Sondag op ʼn plaas in die Barberton-omgewing oorval en vasgebind, terwyl Arno Niehaus (53), die eienaar van die Big Creek Guest Lodge in die Maanhaarrand-gebied in Noordwes, Saterdagaand vermoedelik in sy woning verwurg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Veritas ·

Dít is mos hoe ‘n boer werk. Baie geluk met die skoot en sterkte met die herstel.

Blits ·

Chrsto, Slegte mense al oor ver oor 100 en goeie mense nou op 2

Blits ·

Na 1994 ja toe is n rol toilet paier meer werd as die lewe van wit mense

Johan. H. ·

Baie geluk boer,Waar kan ek vir jou iets deponeer vir n lekker partytjie?

Simon ·

Mens kan net hoop die aanvaller het gelei voor hy hell toe is.

Ada ·

Knap gedaan Meneer!
Knap gedaan en ek hoop jy herstel vinnig!

emsa ·

wel as die boer hom nie geskiet het nie dan was nog n boer dood..ek hoop hulle kry die boodskap dat die dae van van om boere te moor verby is nou sal daar net terug geskiet word.

snoefie ·

geregtelike doodsondersoek is so korrek nie die alewife arrestasies op moirdklagte as n persoon hom/haarself verdedig het nie. die ander provinsies kan berus n kersie gaan opsteek in die verband.

hermann ·

Mooi so boer. Laat dit vir ander boere n voorbeeld wees. As hy nie gewapen was nie was hy nou bokveld toe.

jack daniel ·

Knap gedaan boer! Kop skoot! Dis hoe dit gedoen moet word. High ?. Sterkte en kom gou terug op die been… ons het jou nodig! Lol

Ballingskap ·

Spreuke 24
17)As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
18)dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.

Nico ·

Knap gedaan jy moet peraat wees die polisie moet bietjie ondersoek doen waar hy bly en hoe lewe sy familie of dit is seker n te harde werk

Alice ·

Hoekom moet so baie boere sterf boere wat vir ons kos op die tafel sit. Die wreedheid hoe hulle vermoor word is siek. Niemand verdien dit nie .

J.C.S. ·

Aanklag van poging tot moord!? So in ons regstelsel maak hulle nie voorsiening vir selfverdediging nie. Dit sou tog wees ñ klag tot manslag.

agtogwatnog ·

Geregtelike Nadoodse Ondersoek vir die man wat noodlotig gewond is (Afgestorwene)
(G.O. Dood sonder enige nodige strafregtelike vervolging bv natuurlike dood, ongeluk, mediese redes,of geskiet duer iemand wat homself verdedig het ;-)
Poging tot moord teen afgestorwene. (Om te bewys dat man (Boer) homself beskerm het teen die afgestorwene.
Die saak is geopen om ondersoek in te stel teen die oorledene. Die poging tot moord sal dan gronde wees vir self verdediging in die boer se guns.
Indien hulle vermoede sou hê dat boer verdag opgetree het sou dit n moord saak of strafbare manslag saak wees.
Geen saak tans teen die boer nie.
Ek glo die prentjie sou anders geheen het indien die boer nie gewond was nie en daar nie oog getuies betrokke was wat boer se weergawe beaam het nie.
Meer as een poging tot moord saak kan ook aanhanging gemaak word indien bystanders voel dat beskuldigde hulle ook wou skiet. daar is baie meer vleis by te voeg maar kort hiervan is, geen saak huidiglik teen boer nie.

Renier ·

Hoe se hulle in engels? Give that man a Bells. Gou gesond word. Sterkte.

Steven Schutte ·

‘n Oog vir ‘n oog is al wat oorbly in die land. Boonop is die boer aangeval op sy grond en het nie die misdadiger gaan soek om te skiet nie. Hierdie spreuke tekse is vtp slegs op die oortreder.

Danie Grobler ·

Net so tussen die lyne deur, gaan lees Psalm 139 se laaste paar verse ook sommer.

Deon ·

KZN Boer, wense tot n vinnige en volkome herstel. Elke landsbewoner van Suid Afrika het die reg tot lewe, om homself sy familie en eiendom te beskerm. Dit is nie vergeld kwaad met kwaad, dis die reg tot lewe. As jy as krimineel beoog om n lewe te neem, wees dan ook bereid om jou lewe te verloor. Aan almal wat handwapens besit, dra hom 100% van die tyd saam met jou. Dit is jou vrou, jou beste vriend, jou lewensaar. Hy beteken vir jou net mooi niks in die kluis. Al hierdie moorde wys dit vir ons

Chrisjan ·

Dankie meneer, jy is ‘n yster. Ek bid jou ‘n spoedige herstel toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.