KZN-boer verskeie kere met mes gesteek

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer van die Franklin-gebied, naby Kokstad in KwaZulu-Natal, is in die hospitaal nadat hy op sy plaas oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die 31-jarige man, van Englibrook-plaas, het omstreeks 23:00 gesien iets brand langs die beeskraal op die plaas. Hy het uitgegaan om ondersoek in te stel en is deur vier aanvallers oorval.

“Die verdagtes het ʼn vuurwapen en mes by hulle gehad en hom beveel om sy selfoon vir hulle te gee. Die verdagtes het die man met die mes gesteek en gevlug,” het Gwala gesê. “Die man het hulp ontbied en is na ʼn hospitaal gehaas.”

Gwala wou nie onmiddellik die naam van die boer bekendmaak nie, maar hy is op sosiale media as Mike Osborne geïdentifiseer.

ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

kiep-kiep ·

So word die boere minder en ook word die voedel sekerheid minder

Cherokee ·

Nevermaaind voedsel vir die land….. hulle het ‘n selfoon gescore!

Nita ·

So spoed SA voort na nuwe hoogtes op die misdaad front. Moorde, geweldadige rooftogte ontvoerings. Geen einde in sig nie!

Versigtig ·

Ai tog, MOET NOOIT OOIT SOMMER NET UITGAAN!! Tien teen een ‘n lokval wat gestel is. Veral wanneer jy alleen is is dit doodsake. Sterkte aan die boer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.