KZN-burgemeester vrees vir sy lewe ná aanval

Argieffoto

Die burgemeester van Mooirivier, KwaZulu-Natal, vrees vir sy lewe ná ʼn mislukte brandstigtingspoging Maandagaand by sy huis.

Xolani Duma en sy gesin is vir rookinaseming behandel nadat onbekende persone sy huis in die vroeë oggendure bestorm het waar hy en sy gesin, insluitend ʼn eenjarige kind, geslaap het. Bande is voor die huis aan die brand gesteek en die inwoners het gesukkel om uit die huis te kom nadat die rook die huis gevul het.

Die aanval kom 14 maande ná die hoof finansiële beampte van die munisipaliteit, Simo Mncwabe, doodgeskiet is toe hy sy kinders by die skool afgelaai het. Hy het vroeër doodsdreigemente ontvang.

Nomusa Dube, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het die aanval op Duma se huis veroordeel. “Die departement veroordeel hierdie lafhartige gedrag ten sterkste. Ons maan wetstoepassers om die voorval dadelik te ondersoek.”

Sy het gesê haar departement veroordeel onlangse aanvalle op openbare verteenwoordigers in plaaslike regering en tradisionele instansies. “Dit is heeltemal onaanvaarbaar en ʼn direkte aanval op ons demokratiese samelewing. Ons doen ʼn beroep op die polisie om die voorval vinnig te ondersoek.”

Raadslid Vusi Mkhize van die Richmond-munisipaliteit is ook onlangs doodgeskiet net maande ná die munisipale bestuurder Sibusiso Sithole en adjunkburgemeester Thandazile Phoswa ook vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ferdi ·

Die arme ding. Mou moet almal spring na sy pype. Wat van al die boere wat die laaste week aangeval en gemoor is. Mense wat kos voorsien werk verskaf, WAT VAN HULLE. REGERING IS PATETIES NIE EERS ME ‘N SURKUS NIE

Chilli ·

Ja shame nou moet almal rondspring! Hoeveel boere wat wreed doodgemaak word en gemartel en vekrag en met warm olie en met plastiek en kookwater in hul kele af en in kokende badwater wdf?

AL ·

Hier loop meer geestessiek mense in Sa rond as normale mense.
Pos hulle na psgiatriese inrigtings lewensslank!

Nee ·

Wat is hy bo die Boere wat maak hom Meer belangrik as ons Boere Hoop . Die departement sal ook iets doen aan die sinloose moorde op ons plaas moorde ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.