KZN-busongeluk: 4 dood, 27 beseer

Die bus se wrak. Foto: ER24

Die bus se wrak. Foto: ER24

Minstens vier mense is Dinsdagoggend dood en 27 beseer tydens ʼn busongeluk in KwaMashu, KwaZulu-Natal.

Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die Bhejane-pad naby die kruising met die M25 plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie,” het Meiring gesê. “Die buswrak het langs die pad gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het .  Van die insittendes het oor die toneel versprei gelê.”

Netcare 911 het intussen die dodetal aangepas en bevestig minstens vier volwassenes is dood en 27 persone beseer.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.