KZN drawwers sterf in tref-en-trap

Foto: Reaction Unit South Africa/Facebook

Twee mans is Saterdagoggend dood tydens hul oggenddraffie in Trurolands in Tongaat, KwaZulu-Natal.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het net voor 07:00 ʼn oproep ontvang van twee kritiek beseerde mans. Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die mans ondersoek en bevind dat hulle noodlottige beserings opgedoen het.

“Volgens ʼn omstander het ʼn blou motor vinnig gery, skielik in die rigting van die sypaadjie gedraai en die twee mans omgery. Die motor het weggery sonder om stil te hou.”

Terwyl die motor egter van die toneel gevlug het, het dit teen ʼn minibus taxi vasgery. “Die bestuurder van die motor is in hegtenis geneem,” het Rusa bygevoeg.

IPSS Medical Rescue het in ʼn verklaring bevestig die twee mans is op die toneel dood verklaar. “Die bestuurder van die motor wat van die toneel weggery het en die taxibestuurder het matige beserings opgedoen. Hulle is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

miavos ·

Fietsryers en drawwers moet uiters bedag wees op moontlike aanvalle deur kwaadwillige motorbestuurders. Verwag dit!

battleaxe ·

Ja nee dit lyk vir my fietsryeres en drawwers is deesdae die teikens

Dries ·

Mens kan verwag so veel jy wil,as hulle jou wil raakry,dan SAL hy jou raakry.

Dries ·

Dis duidelik dat n sekere deel van ons bevolking dit nou hulle nasionale tydverdryf maak om drawwers en fietsryers dood te ry.Volgens julle berig was dit n moedswillige aksie gewees

Anel ·

Moord : die wederregtelike en opsetlike dood van ‘n persoon. Dit it wat hier gebeur het is moord x2!!!!

Moedeloos ·

Hmmm – 7h00 seker teruggekom van waar hy ookal gekuier het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.