KZN-gesondheid van ‘skokkende wanbesteding’ beskuldig

Hospitaal_wagkamer_vuurvreters_pixabay-2.jpg

Foto: pixabay.com

Die KwaZulu-Natalse wetgewer se portefeuljekomitee vir gesondheid het gesê hy het skokkende ontdekkings gemaak van onregmatige besteding wat verband hou met mobiele klinieke.

Dié ontdekkings sluit glo ʼn drie jaar huurkontrak van R52,5 miljoen in.

Sommige van die ontdekkings wat in ʼn verklaring deur die komitee se voorsitter, Yusuf Bhamjee, uiteengesit is, word reeds deur die openbare beskermer ondersoek nadat die media drie jaar gelede wyd daaroor berig het.

“In ʼn vergadering wat Vrydag gehou is, het die portefeuljekomitee vir gesondheid afgekom op skokkende vermorsing van belastingbetalers se geld deur die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal,” het Bhamjee gesê.

Hy het bygevoeg dat die ontdekking gemaak is toe die komitee ingevolge die grondwet ʼn normale oorsigtelike vergadering gehou het.

Die departement het glo R50 miljoen op 95 [23-sitplek-] voertuie spandeer.

“Die departement het verder ʼn bus gehuur vir sowat R1 miljoen per maand vir nagenoeg 36 maande. Die kontrak het in 2016 geëindig, maar die departement het dit verleng van April tot Julie 2016,” lui die verklaring.

Dit is veral die ontdekking van die gehuurde bus wat verrassend is aangesien die gewese South African Press Association (Sapa) in 2015 berig het die departement het die R61 miljoen tender aan twee maatskappye naamlik Mzanzi Lifecare en Mobile Satellite Technologies toegeken.

Mzansi Lifecare moes die vragmotor met ʼn X-straal masjien en ultrasoniese toerusting aan die departement verhuur oor drie jaar vir R52,2 miljoen. Mzansi Lifecare is egter slegs 17 dae voor die tender geskep.

Sibongile Zungu, voormalige hoof van die departement, het dié kontrak in Augustus 2013 geteken en ingestem dat die departement elke maand R1,5 miljoen aan Mzansi Lifecare sou betaal – sonder enige personeel.

Toe dié tender destyds hoofnuus gehaal het, het Richard M Dinse, visepresident van ʼn maatskappy in die VSA wat sulke voertuie vervaardig, gesê die departement kon teen daardie prys vier sulke voertuie koop en nie net huur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Drieks ·

In 1994 sou die Anc aan ons bewys die swartman sal goed wees vir ons geliefde land. Wat het Anc se CV vir ons gewys. Jul beledig die al ons burgers met jul arogansie en lieg stories.

Bekommerd ·

Jys reg Drieks. In die 24jr van die anc bewind het geen dept of besigheid enige opswaai/wins gewys nie. Idien julle weet waarvan ek praat: WAT LEER JULLE (ANC) HIERUIT??? Verrot totaal en al soos die res van Afrika.

Koos1 ·

SjN, ek stem saam. Hulle het ook mos mobilie klinieke in NW provinsie voorsien.
En KZN is mos so alte Zuma en travante se “home” provinsie.
Judge Judy sê altyd : “Follow the money”.

Wonder ·

Ek sal skoon in verwondering staan as daar ooit ‘n department is, waar geen diefstal by betrokke is nie. ‘n Mens sal dit ook nie juis as ‘n wonderwerk kan beskou nie, want dan gaan jy weer wonder wanneer werk hulle. Dit bly maar net ‘n wonder storie.

Keelvol ·

En nou moet ons meer belasting betaal en hul gaan nie ophou nie!

AG ASB ·

Die ding is net WAT word aan hulle gedoen? Die beskuldigings word heen en weer geswaai en dan word ‘n ondersoek gedoen . ‘n paar ouens word uitgewys en dan gebeur verder NIKS< die hospitale is steeds in chaos en wanorde en die elite raak ryker uit al die wanbesteding want dit sluit gewoonlik luukse voordele vir hulleself in~

Casper Labuschagne ·

Die enigste element van verbasing is dat hierdie geval hoegenaamd aan die lig kom. Dat wanbesteding en ‘n gekonkel met tenders die norm is, verbaas niemand nie. Mens hoef maar net kyk na die uitspattige leefwyse en peperduur motors van daardie “swart diamante” en gegewe die pos wat Mnr/Me Swart-Diamant beklee, is dit hoogs onwaarskynlik dat sulke welvaart nou reeds, en nie na afloop van ‘n leeftyd se arbeid en diens vermag kan word nie.

Oom Doug ·

En tot nou, nog nie een in die tronk nie.
Good bye Suid Afrika.

marous ·

Een oortjie van ‘n miljoen seekoeie ….en niemand gaan iets oorkom nie , want as almal toegesluit word , is die strate leeg , die kitskos plekke , en luukse motorhandelaars se deure toe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.