KZN gooi gewig agter Dlamini-Zuma

Nkosazana Dlamini Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die meerderheid van ANC-takke in KwaZulu-Natal het in ʼn verwagte skuif aangedui dat Nkosazana Dlamini-Zuma hul voorkeurkandidaat is om die presidentskap van die ANC in Desember oor te neem.

Bontle Mpakanyane, direkteur van EleXions Agency, het dié aankondiging Maandagaand by die Olive-konvensiesentrum in Durban gemaak. Altesaam 454 takke het Dlamini-Zuma as hul voorkeurkandidaat genomineer en 191 takke het hul gewig agter Cyril Ramaphosa gegooi.

Verskeie takke het egter buite stemming gebly: 56 vir die posisie van president, 67 vir die posisie van adjunk-president, 71 vir nasionale voorsitter, 72 vir sekretaris-generaal, 81 vir die posisie van adjunk-sekretaris-generaal en 76 vir die posisie van tesourier.

Die oorgrote meerderheid van die takke in die provinsie het vir David Mabuza as adjunkpres. gestem (439 stemme), Nathi Mthethwa as nasionale voorsitter (371 stemme), Ace Magashule as sekretaris-generaal (427 stemme), Jessie Duarte as adjunk-sekretaris-generaal (357 stemme) en Nomvula Mokonyane as tesourier-generaal.

In Dlamini-Zuma se kraal was Maite Nkoana-Mashabane die verwagte voorkeurkandidaat vir tesourier-generaal in die provinsie.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. (Foto: departement van kommunikasie)

By takke wat Ramaphosa as voorkeurkandidaat vir president gekies het, het Lindiwe Sisulu 68 stemme gekry as nominasie vir adjunkpresident, Zweli Mkhize 59 stemme vir dié posisie en Naledi Pandor 51 stemme, ook vir dié posisie. Senzo Mchunu het 192 nominasies gekry as sekretaris-generaal.

Limpopo het vroeër die dag sy gewig agter Ramaphosa gegooi, en met KZN se aankondiging van sy kandidate, het al die provinsies nou hul provinsiale algemene raadsvergaderings afgehandel. Die afgevaardigdes is nou gereed om oor minder as twee weke die nasionale konferensie by Nasrec by te woon waar die amptelike verkiesing gehou sal word.

Ramaphosa het tans 1 865 nominasies teenoor Dlamini-Zuma se 1 437 nominasies. Ramaphosa het die ondersteuning van vyf provinsies teenoor vier provinsies vir Dlamini-Zuma.

Dlamini-Zuma het ook die ondersteuning van die ANC se vroue- en jeugliga, terwyl die party se veterane vir Ramaphosa ondersteun. Provinsiale uitvoerende komitees word ook toegelaat om te stem, asook lede van die nasionale uitvoerende komitee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pierre ·

Ek hoop en bid ek is verkeerd, maar hier kom nog ‘n onderduimse uitslag, gemanipuleer deur die Nr 1 om sy x-vrou in die stoel te kry, watter fiasko gaan dit nie wees nie. Cyril is dalk nie die oplossing maar is beslis beter as NDZ. Wat le vir ons voor, groot chaos, al wat gaan help is as die opposiesie partye hul volle samewerking gaan gee met die 2019 verkiesing.

Eish ·

Ek hoop en bid saam, maar ek dink jy is reg.
Kwaai Zulu Natal se gewig is agter die kapers.
Ek verstaan steeds nie hoe n ongeskoolde, werklose en verarmde kieserskorps bly stem vir vrot en ellende nie.
Onse ou Psalm 37 helhool.

DRAAIENDE WIEL ·

Kyk ek hou NIKS van DLamini ZUma nie en ek hoop werklik nie sy word president nie, al waaroor ek LEKKER kry is dat RAMAPHOSA noudiedag nog die wittes wou KOOK > hoe voel dit nou dat iemand jou ROOK?

Andre ·

Onthou ook KZN is dieselfde dommes wat vir nommer een gestem het of is dit ook vertel is deur die koning en tradisionele leiers om vir hulle te stem, want ons sal vir julle sorg soos bv. T-hemde, seep en tandeborsel, sak mieliemeel en selfs ‘n tender of twee.

Johanna Botha ·

Kyk na KZN se matriek uitslae …en jy het jou antwoord !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.