KZN-kettingbotsing eis lewe van motoris

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911.

Paramedici op die toneel. Foto: Netcare 911.

Een persoon is dood en sewe beseer in ʼn kettingbotsing Woensdagoggend op die N3-snelweg in Pinetown, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het in ʼn westelike rigting naby die Richmondweg-afrit plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel het ʼn motor wat in ʼn oostelike rigting op die snelweg gery het, oor die middelmannetjie van die snelweg gery en trompop met aankomende verkeer gebots,” het Botha gesê.

Vier voertuie was in die botsing betrokke.

“ʼn Man was reeds dood toe paramedici opgedaag het. Een persoon is in ’n kritieke toestand, nog een is ernstig beseer en vyf mense het geringe beserings opgedoen.”

Die beseerdes is op die toneel behandel waarna hulle na verskeie hospitale geneem is.

Slegs een baan is ná die ongeluk vir verkeer oopgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.