KZN kondig ramptoestand aan ná onluste

Betogers brand voorwerpe. Foto: ANA

Sihle Zikalala, die premier van KwaZulu-Natal, het Donderdagmiddag ʼn ramptoestand in die provinsie aangekondig. Dit is weens die omvang van die skade wat tydens die sogenaamde Zuma-onluste in die provinsie aan infrastruktuur aangerig is.

Volgens die KwaZulu-Natalse provinsiale regering is dié besluit Woensdag geneem tydens ʼn vergadering van die provinsiale uitvoerende raad onder voorsitterskap van Zikalala ná beraadslaging oor die stand van die provinsie ná die onluste.

Die raad het ʼn gedetailleerde vorderingsverslag ontvang, aangesien die meeste staatsorgane hul voorlopige assessering gedoen het om die omvang van die skade en koste-implikasies te bepaal.

Die huidige geskatte skadevergoedingskoste en -verligting vir die departemente in die sektor is sowat R1,5 miljard, terwyl die munisipale skade sowat R47 miljoen beloop. Die tussentydse finansiële gevolge is ongeveer R1, 5 miljard.

Die raad het ook opgemerk dat die finansiële gevolge vir die skadevergoeding en verhalingskoste steeds nie finaal is nie. Daar is besluit dat, met die werk wat tot dusver gedoen is, die situasie buite die provinsiale en munisipale vermoë is om die koste van openbare onluste en onrus soos gerapporteer, te hanteer.

“Die verklaring van ʼn provinsiale ramptoestand sal die herprioritisering van begrotings om die herstel- en herstelprogramme te implementeer, ondersteun,” het die provinsiale regering gesê.

Die raad het ook pres. Cyril Ramaphosa, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) opreg bedank vir hul rol in die vestiging van vrede in KwaZulu-Natal en die res van die land.

Dit is nog nie duidelik hoe lank die ramptoestand in die provinsie van krag sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek lê soos ek lag kyk die tweede laaste paragraaf! Regtig bedank die polisie en weermag oe ee ee nee regtig ek’t al alles gelees en gehoor. Hulle was dan op hoë gereedheidsgrondslag my genade… Lekker lus useless as jy my vra

Harley Davidson ·

As dit nie was vir privaat sekerheidsmaatskappy en die publiek se hulp nie sou die polisie stasies ook geroof gewees het.

Sarel ·

Bietjie laat sou ek sè.
Polisie & Weermag…sommige het hulle wetk gedoen .waar is die wat saam geroof het
Hoekom het die Premier negatief gereageer op die suksesvolle werk deur Buurtwagte.
Die Poging om.Melkformules te weerhou…wat het daarvan geword.

Cherokee ·

Ek dog die hele land is in ‘n gemaskerde ramptoestand sedert vroeg verlede jaar.

E ·

Daar is twee toestande. ‘n Nood toestand en ‘n ramp toestand.

Werner ·

Seker klaar gekyk hoe hulle die geskenkte geld na hulle sakke kan kanaliseer

E ·

Daai plan is klaar goed uit gewerk. Dit was my eerste gedagte. En kyk die bedrae. Dis om van flou te word.

Vicky ·

Ek bly in Umkomaas en nièmand behalwe ons gemeenskap se manne en vroue verdien ñ medalje en dankie nie! Die polisie en weermag was nerens in sig nie! As dit nie vir hierdie brawe manne en vroue was was die massas weggehou het toe hulle in hulle duisende oor die brug en treinspoor gekom het nie,was daar nie meer ñ dorp wat al meer as 100jr bestaan nie! Polisie en weermag se gat,gee my enige dag Umkomaas en Scottburgh se gemeenskap vir beskerming.

Misky ·

Wens ek kon 100 opduimpies gee Vicky. Absolute waarheid en so ook het Toti en Bluff gemeenskap saamgestaan. Welgedaan!!!!

annie ·

Ramptoestand na noodtoestand na depressie na hongersnood na oorlog… En nou kom die skynheilige Zuma- goempies en smeek geskok dat mense nie hul betoog en aanpor vir Sir Lord Zuma se bevryding letterlik moes opgeneem het nie…. nà miljarde se skade en skandes. En die lalaland-dubbeltong-leier kondig ‘n ramptoestand af nadat pics van die ondersteuningsaksies aan Zuma-in-distressfontein deurgesmokkel is. Terwyl CR snags wroeg of hy tog die weermag moes ingeroep het… nóg 6 dae of hunger en die pledges was soveel meer.

Mallie ·

Ja en nou sal die wittes seker weer die gemors moet opruim.

Pieter ·

Julle ANC is n sirkus man en om te dink ons betaal julle selarisse ek dink daar is groot vout met ons belastingbetalers.

Buks ·

Watvan die veiligheids maatskapye en die buurtwagte wat daar was voor die weermag en polisie . En amper n week voor PRESIDENT van hom laat hoor het?

Pietertjie ·

Is die ramptoestand vir die onlangse onluste, of vir die nuwe onluste wat weer besig is om kop uit te steek, sonder enige merkbare weerstand van die Staat? Die ANC verkeer eerder in ‘n ramptoestand!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.