KZN kry ook e-tol

e-tagKwaZulu-Natal sal teen November vanjaar ‘n e-tolstelsel op die N2 en N3 hê, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Woensdag bekend gemaak.

Logashari Sewnarain, Sanral se streeksbestuurder in KwaZulu-Natal en die Vrystaat, sê die e-tolstelsel sal nie ‘n bykomende toltarief wees nie maar eerder ‘n alternatiewe manier om bestaande tolgelde in te vorder.

Die e-tolstelsel sal by die bestaande Marianhill-tolplaza op die N3 en by die Oribi-tolplaza op die N2 geïmplementeer word. “Daar moet onthou word dat dit nie ‘n bykomende tol is nie,” het Sewnarain gesê. Sy sê die huidige maniere van betaal by die tolplazas sal in plek bly maar dat daar bykomende bane sal wees waar voertuie teen sowat 40km/h deur die nuwe e-tolbane kan ry.

Sewnarain sê die valhekke in die e-tolbane sal nie outomaties oopmaak vir motors sonder e-skyfies nie. Motoriste sonder e-skyfies sal steeds van die tradisionele tolhekke gebruik moet maak.

Sewnarain sê meer as ‘n 100 000 motors ry daagliks op die N3 en dat die implementering van die e-tolstelsel verkeersvloei sal verbeter. “Die gewone tolhekke kan sowat 200 en 300 motors per uur help terwyl soveel as 700 motors per uur kan deurgaan met gebruik van e-skyfies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peter Says ·

Wragtig, die eerste rondte was/is n flop, watter pension fonds is gestroop vir absurde rondte 2 Mmm ???

Tokkie ·

Die soustrein ryers het nou agtergekom hulle kan op ‘n ander “wettige” manier geld vat – wonder wanneer kom die “suburbs” aan die beurt.

AmY ·

Dis wat jy kry as jy vir die ANC stem!!! Baie geluk!!!

Nou gaan hulle seker wéér betoog daarteen, maar hulle het dit dan ‘ingestem’.

Melissa ·

Dis net ‘n ploy sodat mense e-tags moet koop, het hulle gehoor of mense dit wil hê?? Hoe kan hulle net maak en breek soos wat hulle wil????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.