KZN-ma vind babaseuntjie in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 18-maande oue babaseuntjie van Umkomaas, aan die KwaZulu-Natalse kus, is in ʼn ernstige toestand nadat hy Woensdagaand byna verdrink het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ma het haar kind in die swembad gekry waar hy met sy gesig na onder in die water gedryf het. Sy het hom uitgehaal en dadelik begin om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas.

Die ma kon daarin slaag om weer die seuntjie se hart aan die gang te kry en paramedici het kort daarna by die toneel opgedaag. “Nadat paramedici die seuntjie behandel het, is hy na ʼn hospitaal in Scottburgh gehaas vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Martin ·

Hulle moet hierdie Ma uitsorteer. Seker weer gesit en sepies kyk.

Griki ·

Martin, jy kan mos nou nie sommer so ‘n stelling maak nie. Jy weet nie wat die omstandighede was nie. Laat mens liewers wag vir die feite voor mens klippe gooi.

Elizabeth ·

Hi hemel Martin, was dit werklik nodig gewees? Dit was nou ongevraagd gewees, skaam jou! Jy ken nie die gesin nie, jy was nie daar nie!
Ek dink aan sy ouers en familie en ons bid vir julle en hom. Ek hoop en bid hy gaan okey wees. Baie sterkte.

Peet Schabort ·

“You won’t be the first one, but you could be the next one”.
Tragies maar tog só waar . . .

Lientjie ·

Ek weet presies hoe daai ma voel, sterkte mamma. Hou aan bid wonderwerke gebeur nog steeds elke dag.

Eliza-beth ·

VEILGHEIDSNETTE ASB!!! Wetgewing wat veiligheidsnette verpligtend maak vir ALLE swembadeienaars. Dalk moet mens ‘n ladwye petisie begin om dit in te stel?

Martin ·

Pop en Jenny, kinders word gesien , nie gehoor nie. Hou op tande tel. Daai Ma was onverantwoordelik.

Griki ·

Ai, dis so deksels tragies en ongelukke gebeur binne ‘n oogwink. Asseblieftog, mense, beveilig julle swembaddens! Kleingoed verdwyn soos blits onder ouers se oe uit. Baie sterkte en beste wense aan die familie.

Beatrix Stevens ·

Ouers”’ jul moet op en wakker wees… geen iemand met n swembad is veronderstel om nie n net op te sit??? of n kind toegang te gee tot die swembad ??? as jy so klein kind het”” wees meer verantwoordlik”” soveel kinders het al op die manier verdrink… en nie alle ouers gelukkig om betyds op te tree…. Pas jul Kinders op”” Ek baie danbaar die Ma van die seuntjie kon die nodigste toepas”’ sterkte seun hoop dat jy gou gou sal aansterk”’ en aan sy ouers ;;;; sorg dat die swembad beveilig sal word…. ?? Sterkte”

streicher ·

Die tipe ding gebeur net te veel, soos n skrywer hierbo genoem het, miskien wetgewing wat eienaars verplig om nette oor hulle swembaddens te he. Dan kan die howe ouers vervolg vir nalatigheid en ons sal die stories al minder lees.

Martin ·

Streicher, Beatrix Stevens, dit is presies wat ek vir Jenny , Peet en Pop probeer sê. Julle drietjies wat so kwaad is vir my, gaan asb. terug in Maroela se argief in en gaan kyk hoeveel keer is dieselde ding in die laaste paar maande bespreek. Elke keer het ek kommentaar gelewer oor Munisipale regulasies, veiligheids nette, en die belangrikste van alle ons as ouers se verantwoordelikheid teenoor ons kinders. As jy ‘n swembad by jou woonplek wil hê,moet jy besef dit is meer ‘n verantwoordelikheid as ‘n status simbool.
In al die gevalle wat ek van gelees het op hierdie media, was onverantwoordelikheid die oorsaak van kinders wat verdrink het. En ek staan daarby. As daai swembad veilig was en aan die regulasies voldoen het, sou hierdie kind nie nou om sy lewe geveg het in ‘n hospitaal nie. ‘n Agtien maande oue baba is ‘n besige mensie, en moet, moet moet,baie goed gemonitor word. Hoekom moet ons as Jan publiek die dinge in die Pers lees, hartseer en ontsteld word, omdat ander mense onverantwoordelik is. Mevrou, ek is nie kwaad vir jou oor wat jou kind oorgekom het nie, ek is ongelukkig oor die onverantwoordelikheid wat dir veroorsaak het. Ek hoop jy kan my vergewe vir die dinge wat ek in die hartseer tyd vir jou sê, maar ek sê dit en ek bly daarby staan. Jenny, Peet,Pop, glo my ons gaan nie vêr vorentoe nie, weer van dieselfde ding lees. Mag die goeie Vader gee dat ek my veranwoordelikhede nog steeds sal nakom en julle nie, in die geval van my sal lees nie.

Martin ·

Streicher, ek kan nie meer met jou saamstem nie. As jy miskien my kommentaar hierbo kan lees. Kyk mense kan vervolg word, en hulle straf uitdien,maar dit is ongelukkig nie waar dit eindig nie. Ek het in my lewe gesien wat die ding doen. Mense verwyt hulle self so hieroor dat hulle selfmoord pleeg. Dit is so erg dat gesinne uitmekaar geskeur word agv. die ding. Ek sal altyd teen die ding baklei en sterk kommentaar lewer in die hoop dat mense sal leer daaruit.
Mense soos Pop kan my afmaak as kinderagtig, maar ek sal altyd opstaan die ding in die hoop dat ons nooit weer so iets van ons dierbare kinders hoef te lees nie.

streicher ·

Ek het jou kommentaar gelees Martin, ek het ook gesien dat iemand se jy moet nie jou tong loslaat voordat jy nie feite het nie. Nou wil ek graag weet, watse feite kan daar wees wat hierdie tragedie meer aanvaarbaar kan maak? Almal wil feite en waarheid he, maar min mense kan dit hanteer. Dit is mos polities korrek om alles te “sugercoat”
Ek het vriende wat deur dieselfde hel is, ek weet maar te goed wat dit aan hulle en hulle huwelik gedoen het. Ek wens dit vir niemand toe nie, maar hoeveel keer gaan dit nog gebeur voordat ouers en toesighouers verantwoordlikheid gaan aanvaar!?!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.