KZN-man (18) deur huiseienaar geskiet

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik 18 jaar oud, is in ʼn kritieke toestand ná hy glo deur ʼn huiseienaar van Acaciaville in Ladysmith in Kwazulu-Natal geskiet is.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 21:00 by die toneel opgedaag. “Die man het ʼn skietwond aan sy kaak opgedoen,” het Siddall gesê.

Die man is volgens Siddall na die provinsiale hospitaal in Ladysmith geneem vir mediese behandeling.

Die omstandighede rakende die voorval is in dié stadium nog onduidelik.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê geen saak is aangemeld en die polisie dra nie kennis van die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.