KZN-man brand erg by substasie

Foto: ER24

Foto: ER24

’n Man het Donderdag ernstige brandwonde opgedoen by ’n substasie in Edendale, Pietermaritzburg.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die 34-jarige man is aangetref waar hy naby die substasie in Widfordweg gelê het.

Die brandwonde oor meer as 70% van sy lyf is op die toneel behandel voor hy na ’n hospitaal geneem is.

“Dit is onduidelik hoe die man die brandwonde opgedoen het maar hy het aan paramedici gesê hy het binne die kragstasie gewoon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.