KZN-man glo deur werkgewer doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Veiligheidsbeampte van KwaZulu-Natal is dood nadat hy glo twee keer deur sy werkgewer geskiet is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Dinsdagaand by ʼn Durbanse laerskool gebeur waar die veiligheidsbeampte aan diens was.

Die twee mans het glo in ʼn rusie betrokke geraak en die veiligheidsbeampte het na bewering sy werkgewer met ʼn mes gesteek. Die werkgewer het terugbaklei, sy vuurwapen uitgehaal en die veiligheidsbeampte in die maag en skouer geskiet. Hy is op die toneel dood.

Woedende inwoners van die Bottlebrush- informele nedersetting het in reaksie op die skietvoorval betoog en twee motors wat aan die veiligheidsmaatskappy behoort aan die brand gesteek, het Zwane gesê. Onluste-polisie is ontbied om die ongeveer 500 inwoners uiteen te jaag.

Volgens Zwane is die eienaar van die veiligheidsmaatskappy in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas. Hy is tans onder polisiebewaking. Zwane kon nie bevestig of die man deur die inwoners aangerand is nie.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JWK ·

Ek kan nie SAPS vertrou om my te beskerm nie asook nie die veiligheids maatskappye nie. Nou wat nou??

Nosy Posy ·

Ek sou wat wou gee om te weet wie die betrokke Veiligheids maatskappy is. Party van hierdie maatskappye dink mos hulle is “above the law”!

Louise ·

Die WERKGEWER was met n message EERSTE geskiet!!!! Natuurlik gaan jy jouself verdedig! !!! Hoe dan anders mense????

Peet Schabort ·

Op die argieffoto gaan die skoot eerste af vóór die sneller getrek word. Dalk kan dit ook in die skieter se verweer gebruik word indien hy ‘n soortgelyke wapen gehad het.

Henry ·

Hoe nou ek sien dit as self verdediging of reken mense nou dat n mes nie kan dood nie. As jy my met n mes steek gaan ek jou ook bokvelt toe skiet. Wat het geword van self verdediging. In n ander sin is dit ook dat n oortreding met n wapen of dit nou was vir self verdediging of misdaad die person skuldig sal wees tot onskuldig bevind word.

pop ·

Waar is die goeie ou dae toe mens nog respek betoon het teenoor die mens wat jou n salaris betaal. Ook tot niet. Deesdae kan jy ook nie in die pad gesteek word as jy vroeer benadeeld was nie. Maroela asb. kan ons net een keer n maand n vloek woord se as ons wou. Soms is al wat help teen frustasie die lekker ou Fffff woord

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.