KZN-man sterf ná hy ouers teen rowers beskerm

Megan Jeremy Shunmugam (42) is Vrydag in die vroeë oggendure dood toe onbekende verdagtes op sy ouers se huis in Gledhow toegeslaan het. (Foto: Facebook)

“Jy het jou gesin gered. Jy het hulle beskerm. Jy het die stryd deurstaan. Rus in vrede, broer.”

Só lui ’n boodskap van medelye op sosiale media nadat ’n pa van drie onlangs tydens ’n huisroof in KwaDukuza in KwaZulu-Natal vermoor is. Dít nadat hy sy ouers teen die rowers beskerm het en in die proses met ’n skerp voorwerp doodgesteek is.

Megan Jeremy Shunmugam (42) is Vrydag in die vroeë oggendure dood toe onbekende verdagtes op sy ouers se huis in Gledhow toegeslaan het.

IOL berig Shunmugam het die betrokke aand by sy ouers geslaap. Hy het glo wakker geword van ’n gegil van sy ma, Phillis, en ’n venster wat breek. Sy ouers was in dié stadium albei reeds wakker en bewus van verdagtes in hul erf.

Luidens die berig het Shunmugam uit sy kamer geloop en gesien hoe een van die verdagtes met ’n skerp voorwerp op sy ma afpyl. Die verdagtes was reeds in die huis. Hy het sy ma in ’n slaapkamer ingestoot en aangesê om die deur te sluit.

Die rower wou toe Shunmugam se pa, Jaya, teiken. Hy het sy pa uit die pad gestamp en die rower getakel. Shunmugam is tydens die struweling verskeie kere met die skerp voorwerp gesteek en Shunmugam het inmekaargesak. Sy pa het om hulp by die bure gaan aanklop.

Die rower het steeds nie bes gegee nie en na die slaapkamer gegaan op soek na Shunmugam se ma. ’n Makker van die rower het die huis binnegegaan en die betrokke rower aangesê om te vlug. Dié het egter geweier.

Hy het daarop aangedring dat Phillis die slaapkamerdeur oopsluit, maar sy het geweier. Sy het selfone by haar gehad en dit uit die venster gegooi. Die verdagtes het daarna die selfone gebuit en op die vlug geslaan.

Shunmugam het in ’n stadium sy bewussyn herwin en na die bure gestrompel op soek na hulp. Hy het eindelik in die bure se oprit aan sy beserings beswyk.

Die polisie het daarna op die toneel aangekom, berig IOL.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het intussen die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Gwala is drie selfone tydens die huisroof gesteel. Die polisie ondersoek ’n saak van moord en huisroof.

Gwala doen voorts ’n beroep op lede van die gemeenskap om enige verdagte mense en voertuie in hul omgewing by die polisie aan te meld.

Familie en vriende het Saterdag van Shunmugam afskeid geneem voordat hy veras sou word. Hy word oorleef deur sy ouers, sy vrou en drie kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Di ·

Nog ‘n onskuldige lewe is weg geneem deur kriminele en dit vir 3 selfone! Ons lewe is in SA is niks werd nie, kriminele het letterlik die land oorgeneem. Die regering is te besig met beuselagtighede, het geen besorgheid oor die tempo wat kriminele dade daagliks toeneem nie.

Rudolf ·

Altyd tranerig om berigte soos diè van mense soos diē te lees wat slegs hul dierbares wil beskerm. Suid Afrika is ‘n misdaadnes en dit gaan erger raak. Wetsgehoorsame burgers gaan noodgedwonge wet en orde in hul eie hande neem om sodoende huis, haard en lewe te beskerm. Daar gaan binnekort geen ander keuse wees nie. Die Suid Afrikaanse Polisie is onderbeman, nie behoorlik opgelei nie en in etlike gevalle, onsimpatiek teenoor die publiek maar veral slagoffers. Hoeveel keer gebeur dit dat die verdediger aangekla en soos ‘n misdadiger ondervra en behandel word. G’n wonder dat die vertrouensposisie van die Polisie op so ‘n algehele laagtepunt is nie. En, soos genoem, dit gaan nog erger raak!!!

casper ·

RIV —
Bring terug die doodstraf en maak dit verpligtend vir moord !!
Geen Borgtog nie !!

Harley Davidson ·

Die mense wat oorgee word dood gemaak die wat terugveg word doodgemaak nou wat doen jy?.

Christina ·

Kriminele sal nie doodstraf kry nie, maar die wat hulleself verdedig sal wel.

Kokerboom ·

RIV. Die trofee wat ‘n siek ANC se Our People nalaat!

Cois ·

Papbroekige Polisie wst nie hul misdaadvoorkoming doen nie maar liewer mense toesluit sonder ‘n gesig masker! Hulle is pateties om beter woordkeuse te maak!

Anel ·

Vroeër jarr was dit baie makliker om te weet wie nie in jou omgewing hoort nie. Maar nou mag niemand jou vra wat jy in ‘n omgewing maak as jy onbekend is nie. Dan word daardie se menseregte mos aan getas. Te duiwel met die slagoffers. Sterkte aan hierdie familie.

Elinette ·

Ons het polisie – 80% van hulle is egter oorgewig, onbekwaam, onopgelei …….

jzjz05 ·

Hoekom is die regering so onwillig om die doodstraf terug te bring Dit al straf wat die moordenaars tot hul sinne sal terug bring,so gou hy weet dat as hy n lewe neem hy moet verwag dat sy eiende ook op die aarde daarmee verseel is, DIT is al wat KAN WERK vir die KRIMINELE.

Di ·

Want dan gaan daar duisende van “our people” sterf as die doodstraf terug gebring word

Theuns ·

So tragies dat dit nie eens op TV rapporteer word nie maar snert oor ANC wat gat toilette open word gewys! DIs erger as ooit met kriminele wat al meer wette maak om hul mede kriminele te beskerm teen enige gevolge vir hul dierlike dade. Die regime is ewe skuldig as die oortreders. Of wit boer wat homself beskerm word DADELIK arresteer en borg geweier maar die swart en wit ware moordenaars en diewe loop vry! SAPS is die beskermer van misdadigers en vyand van wetsgehoorsame burgers. Dis weer bewys met die LOOTING in Julie asook nou weer met die trokdrywers wat net gelos word. SAPS afwesig . Die howe is onbetroubaar en deel van probleem.

Cois ·

Dis so jammer dat ‘n Vader wat na sy eie Vader en Moeder omgesien het moes sterf net vir die buit van ‘n selfoon. Nou is sy kindertjies vaderloos en sy vrou weduwee, sy ouers kindloos en sy broer het dy enigste vriend verloor, net vir ‘n selfoon. Waar is die EFF en ANC nou om hul beloftes na te kom? O jammer hulle het mos nie belowe vir ‘n veiliger omgewing nie maar vir aksie teen hulle wat nie swart is nie. Die Straat is verantwoordelik vir elke moord omdat hulle Polisie liewer lê en slaap en ander dinge doen behalwe misdaadvoorkoming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.