KZN-man vas oor kinderpornografie

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Man van Kloof in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat pornografiese materiaal van kinders so jonk as drie jaar glo in sy besit gevind is.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die 39-jarige man is Sondag by sy huis in hegtenis geneem en sou Maandag in die Pinetown-landdroshof verskyn het.

Volgens Naicker het die polisie reeds in Augustus ʼn lasbrief bekom om die man se huis te deursoek waartydens daar op ʼn geheuestokkie beslag gelê is. Daar is glo pornografiese materiaal van kinders op die stokkie gevind.

Volgens Naicker het die polisie se ondersoek maande geduur ten einde genoeg bewyse te kry. Die man word van kinderpornografie en oortreding van die Wet op Rolprente en Publikasies aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris Nel ·

Hoekom word die INTERNET-OORSPRONG wat die materiaal versprei nie aangekla deur die menseregte van VN nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.