KZN-man vas oor ma se moord

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met moord op Cindy Bailey (40), ʼn ma van KwaMashu in Durban, KwaZulu-Natal.

Bailey is vroeër dood aangetref onder ʼn boom langs haar huis in J Section in KwaMashu. Sy is na bewering verwurg en haar rok is in haar mond gedruk.

“Beamptes het Vrydag onverpoosd gewerk om die saak op te los en ʼn 19-jarige verdagte is in hegtenis geneem,” het kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die man sal binnekort in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Mbhele het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal die oorsaak van Bailey se dood bepaal en ook of sy verkrag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.