KZN-man vas vir dwelms, pornografie

Argieffoto

ʼn Man van KwaZulu-Natal het Maandag in die landdroshof in Amanzimtoti verskyn vir die besit van dwelms en kinderpornografie.

Die verdagte (33) is Sondag tydens ʼn operasie deur die Suid-Afrikaanse polisie en metropolisie in hegtenis geneem. Die polisie het in reaksie op inligting wat hulle ontvang het op ʼn huis in Illovo langs die Suidkus toegeslaan.

“Toe die polisie by die verdagte se huis aankom, het hulle op ʼn onbekende hoeveelheid tik en kokaïen afgekom en daarop beslag gelê. Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem en na die Amanzimtoti-polisiestasie geneem,” het kol. Thembeka Mbele Maandag in ʼn verklaring gesê.

Volgens die polisie het die dwelms waarop beslag gelê is ʼn geraamde waarde van R94 000. Toe die polisie die huis verder deursoek het, het hulle op “tekens van kinderpornografiese aktiwiteite” afgekom.

“Foto’s en video’s van kinders is op die verdagte se selfoon aangetref, waarna daar op die foon beslag gelê is. Daar was ook ʼn hoog swanger 15-jarige in die huis ten tye van die soektog,” het Mbele gesê.

Die polisie het ook op die verdagte se motor beslag gelê. Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdade ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scalla ·

Die pornografiese materiaal het seker bygedra tot die swangerskap van die 15 jarige.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.