
Foto: SAPD/Facebook
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes het die familie glo van heksery beskuldig. Volgens Mulaudzi is die verdagtes in hegtenis geneem nadat bebloede klere en skoene in hul besit gevind is. Die verdagtes, 26 en 28 jaar oud, sal Vrydag in die Turton-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Mulaudzi het gesê die voorval het in Msinsini buite Port Shepstone plaasgevind. “Sewe familielede het in een huis geslaap en ʼn ander familielid in ʼn aangrensende hut, toe ʼn groep mans die mense in die huis met skerp voorwerpe doodgekap het voordat hulle na die hut is waar hulle die 70-jarige man vermoor en die hut aan die brand gesteek het.”
Volgens Mulaudzi is die ander slagoffers vier vroue, tussen 15 en 60 jaar oud en drie kinders tussen een en drie jaar oud. Nog ʼn familielid is met ernstige kopbeserings na ʼn hospitaal geneem.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Tog snaaks hoe vinnig die moordenaars aangekeer word as die slagoffers swart is, maar as hulle wit is word hulle nooit aangekeer nie. Glo nie hulle word eers gesoek nie.
Ek het amper gedink ek is al een wat dit agter gekom het. Lynette jy slaan die spyker op die kop. Ek glo ook nie daar word baie aandag geskend aan die moorde op die plaas nie. Hoeveel wit moorde is nog hangend. Nog geen poging aangewend om ernstig te soek na die moordenaars nie, want hoekom dis nie so belangrik nie. DIt maak my siek !!!!!!!!!!!