KZN-massamoord: Twee vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die gru-moorde op agt lede van ʼn familie in KwaZulu-Natal.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes het die familie glo van heksery beskuldig. Volgens Mulaudzi is die verdagtes in hegtenis geneem nadat bebloede klere en skoene in hul besit gevind is. Die verdagtes, 26 en 28 jaar oud, sal Vrydag in die Turton-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Mulaudzi het gesê die voorval het in Msinsini buite Port Shepstone plaasgevind. “Sewe familielede het in een huis geslaap en ʼn ander familielid in ʼn aangrensende hut, toe ʼn groep mans die mense in die huis met skerp voorwerpe doodgekap het voordat hulle na die hut is waar hulle die 70-jarige man vermoor en die hut aan die brand gesteek het.”

Volgens Mulaudzi is die ander slagoffers vier vroue, tussen 15 en 60 jaar oud en drie kinders tussen een en drie jaar oud. Nog ʼn familielid is met ernstige kopbeserings na ʼn hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lynette ·

Tog snaaks hoe vinnig die moordenaars aangekeer word as die slagoffers swart is, maar as hulle wit is word hulle nooit aangekeer nie. Glo nie hulle word eers gesoek nie.

Asjas ·

Jy slaan die spyker op die kop!! Nou wonder ek maar net, gaan die familie lede van die vermoordes weer ANC stem om dankie te se vir hul verlies en die wreedaardige moord op hul familie??

Susan ·

Ek het amper gedink ek is al een wat dit agter gekom het. Lynette jy slaan die spyker op die kop. Ek glo ook nie daar word baie aandag geskend aan die moorde op die plaas nie. Hoeveel wit moorde is nog hangend. Nog geen poging aangewend om ernstig te soek na die moordenaars nie, want hoekom dis nie so belangrik nie. DIt maak my siek !!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.