KZN-meisie gelooi oor foto’s terwyl sy ry

Die skermskoot van Redelinghuys se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel.

Die skermskoot van Redelinghuys se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel.

Die departement van vervoer in KwaZulu-Natal het woedend gereageer nadat ’n student ’n foto van haarself geneem het terwyl sy bestuur en dit daarna op sosiale media gelaai het.

Nicci Redelinghuys het die foto op haar Facebook-blad geplaas en geskryf: “ So ek het gister [Dinsdag] op die N3 gery en ʼn selfie probeer neem. Lol.  Ek het vir die kamera bly kyk en vergeet om die pad dop te hou. Maar ek raai ek het dit toe eindelik soortvan reg gekry. Ek lyk steeds k*kbang.”

Redelinghuys se foto het vinnig op sosiale media versprei en erge kritiek ontlok. Redelinghuys het teruggekap deur nóg foto’s van haarself op te laai waar sy bestuur. Sy het glo ook by die aanvanklike foto’s kommentaar gelewer en geskryf: “B**ches be b**tches, ongelukkig verstaan party mense nie dat ek soos ʼn professionele bestuurder bestuur nie. Danksy my pa, drie keer SA kampioen.”

Nathi Sukazi, woordvoerder van die departement van vervoer, het Redelinghuys se optrede ten sterkste veroordeel. “Dié soort gedrag stel die lewens van ander padgebruikers doelbewus in gevaar. Ons moet almal ’n standpunt inneem om dié onwettige, selfmoordgerigte en onverantwoordelike gedrag stop te sit en pleit by motoriste om dit nie te doen nie.”

Redelinghuys kon nie deur News24 vir kommentaar bereik word nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Theresa ·

Siestog poppie. Gaan kyk in die woordeboek wat beteken “professioneel”. Jy is alles behalwe dit en alles behalwe jou 3 x kampioen pappa. Jy oortree die padreëls – so eenvoudig soos dit!!

Weskaper ·

Wat is die verskil tussen praat oor ‘n selfoon of fotos neem met ‘n selfoon terwyl jy bestuur? In albei gevalle is jou aandag nie op die pad nie.

Kan sy nie vervolg word nie?

Denise ·

Nicci neem ‘n selfie, opgeleide bestuurderes wat seer sekerlik haar lisensie op die wettige manier ontvang het…. nie gekoop soos die meerderheid van ons mede bestuurders nie. Daar word so ‘n ophef van haar gemaak maar wat van die 11 jarige klein wetter wat ‘n trok bestuur het op ‘n hoofweg. Daar kraai geen haan daaroor nie. Laat mens wonder!!!!!!!!!!!

Viv ·

Die 11 jarige is n kind – nie wetlik aanspreeklik nie…….juis omdat liewe Nicci haar lisensie wetlik gekry het, behoort sy van beter te weet – en is wetlik aanspreeklik

Neptunus ·

So as mens jou lisensie regmatig verwerf het maak dit ‘n verskil as jy so optree? Sinnelose kommentaar van jou af. Die 11-jarige se storie maak opslae, so waarvan praat jy? Ek hoop nie jy glo oortreders van verskillende kleure moet anders hanteer word nie. Deesdae is mens op 18 al “volwasse” in die oë van die reg, so hierdie jong vrou se optrede moet in daardie lig gesien word, sy moet maar vat wat na haar kant toe kom. Heeltemal te veel mense van alle rasse wat deesdae stopstrate ignoreer, op selfone praat, te vinnig ry ensovoorts. Wees bietjie eerlik daaroor.

Wiebo ·

Sy het nie n sitplek gordel aan nie! Beboet haar! Shame, sy soek eintlik net aandag.

V ·

Die jong poppies en hul selfies!Hou jou aandag eerder op die pad.!Kort n blerrie goeie taai klap!

Daleen ·

Skaamtelose lisbamdigheid en n potensiele gevaar vir almal op paaie. Jou konsentrasiw girly laat veel te wense oor. Respek het jy nie allermins vir jou ouers wat jou so gruwelik bederf met n motor en smartfoon. Wonder wat sou hul reaksie wees sou jy vermink gelê het in n hospitaal of selfs iemand anders se dood veroorsaak het. Hoop die berig gaan uit in elke hoofstroom media en skole sodat almal hierdeur kan leer

Rene ·

Skaamtelose losbandigheid? Waar val JY nou weer uit Daleen? Sy’t ‘n verkeersreël oortree. Nou hoe maak dit haar losbandig?

Jimmy Grundlingh ·

Sjoe Daleen dit is darm ‘n kwaai lisbamdige stelling om te maak. Het jy jou konsentrasiw verloor?

Marlene ·

n Mens moet darem n baie swak selfbeeld he as jy aandag soek op sulke maniere. En Pappie se status maak geen verskil oor hoe mense jou sien nie.

Stephen ·

en dit sonder haar gordel ook, sy stel die res van ons in gevaar

charmaine ·

Wie is of was haar pa? Moet ons hom ken?

En die dat elke meisie hulle self so goedkoop laat lyk op social media is net so roekeloos, dan wonder hulle nog steeds hoekom hulle verkrag,vermoor en mishandel word. Sulke rooi tuit bekke!! Walglik.

Vic ·

So – dit is vrouens se skuld dat hulle verkrag word. Want hulle het rooi tuit bekke. Liewe lofen. Is dit moontlik dat daar nog mense met sulke wanvoorstellings bestaan? En dat hulle dieselfde taal as ek praat?

Elfie ·

Vic, ja-nee wragtig mense spoel hul monde hier uit met twak wat NIKS met die hele storie te doene het nie. Ai, ai… Die storie oor 6-jarige kind wat ook dood is na ongeluk op N14 – daar is glads een wat in haar kommintaar sê dis (vragmotor ongelukke!)Malema en die ANC se plan om wittes uit te roei! Ek meen REGTIG!

Jo ·

Ai tog, die arme kind! Hoekom trek sy haar mond op so ‘n lelike manier? Of is dit omdat sy so bang is. Vervolg haar asseblief want sy het twee verkeersreels oortree en die bewyse self verskaf. As ‘n vragmotorbestuurder vervolg kan word omdat iemand anders ‘n foto geneem het van hoe hy oor ‘n sperstreep verbysteek, kan sy ook vervolg word. Sy het nie ‘n sitplekgordel aan nie. Baie jammer dat haar professionele pappie haar nie dit geleer het nie (of dalk is sy net nie professioneel genoeg om dit te weet nie!) En sy neem nie net ‘n slegte “selfie” nie, sy tik nog ‘n boodksap ook in. Vervolg haar tot die letter van die wet. Miskien sal dit haar help om in die vervolg werklik professioneel op te tree wanneer sy bestuur.

corrie ·

Ag nee man,ken di jongklomp van vandag ni van om gehoorsAam te bly aan jo padreels ni..as sy so graag ‘n selfie wou neem kon sy dit gedoen ht terwyl sy by di huis is of op kampus!SY stel baie mense se lewens in gevaar op di pad,vat weg haar lisensie,dat sy maar met haar pote loop of bus ry!Skande!

Charl ·

As dit die foto is wat sy gedeel het, is dasr geen bewyse dat sy bestuur nie, op n pad is nie, of beweeg nie – heel moontlik in die oprit van die huis geparkeer.
Aandag soek – beslis. N Bietjie min selfvertroue – beslis.
N krimineel? Geen bewyse nie.
Goedkoop? Geen bewyse nie.
Verdien om verkrag te word? Regtig?
Lisbamdig – moet seker waar wees – ek ken nie die woord nie

jurgens ·

Wow. Mooi girl, en hou haar oe dop, op die pad. Lyk my vrouens kan tog milti skill!

Frank ·

Ehm, so het nie een van julle al ‘n sms gelees of oproep geneem terwyl jul bestuur het nie? Klink vir my die hoenders het iets gekry om te pik…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.