KZN-molesteerder sit lank

Argieffoto

Argieffoto

Lihle Khoza (32) is in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal skuldig bevind en gevonnis nadat hy twee tienermeisies, onderskeidelik 14 en 16 jaar oud, in 2013 gemolesteer het.

“Khoza is tot 22 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van seksuele aanranding, poging tot verkragting en gewapende roof,” het maj. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Khoza het die twee tieners op 9 Mei 2013 op pad na hul huis in Mkhoma voorgekeer en met ʼn vuurwapen na die bosse gedwing. “Hy het hulle seksueel mishandel, probeer om hulle te verkrag en een slagoffer se selfoon gesteel voor hy gevlug het,” het Magudulela verduidelik.

Die slagoffers het die saak by die polisie aangemeld en ʼn saak is by die Empangeni-polisiestasie aanhangig gemaak.

“Een van die slagoffers het die beskuldigde meer as ʼn jaar later in Richardsbaai se middestad opgemerk en dadelik die ondersoekbeampte in kennis gestel,” het Magadulela bygevoeg. “Die beskuldigde is vinnig agternagesit en hy is vervolg tot hy skkuldig bevind is.”

Khoza is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir seksuele aanranding en 10 jaar vir roof.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale kommissaris, het die slagoffer vir haar dapperheid geloof. “Ons waardeer die goeie werksverhouding tussen die slagoffer en die speurder, aangesien dit tot die suksesvolle vervolging van die molesteerder gelei het,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veritas ·

GEMORS! Die sogenaamde ‘menseregte’ behoort verkragters uit te sluit. Geen ‘mens’ sal soiets doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.