KZN-munisipaliteit in finansiële knyp

geld-finansies-spaar-begroting-belegging-02-deur-stevepb-op-pixabay

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het ʼn beroep op Sipho Hlomuka, LUR van die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA), gedoen om die Newcastle-munisipaliteit met onmiddellike effek onder administrasie te plaas.

Dit volg ná die burgemeester van die munisipaliteit, Ntuthuko Mahlaba, na bewering tydens ʼn vuisgeveg tussen sy lyfwagte en stakende munisipale werkers met ʼn baksteen in die gesig getref is. Die werkers betoog glo omdat hulle nie enige oortydbetaling ontvang nie.

Blessed Gwala, hoofsweep van die IVP in die KwaZulu-Natalse wetgewer, het in ʼn verklaring gesê sedert die nuwe raad in 2016 aangestel is, het die finansiële welstand en dienslewering in die munisipaliteit agteruitgegaan en die munisipaliteit versuim om sy skuld te betaal. “Hoekom word die munisipaliteit nie onder administrasie geplaas as daar nie geld in die bank is nie?” wil Gwala weet.

“Dit is hoog tyd dat die raad ontbind moet word. Dit is duidelik dat die provinsiale regering nie ʼn antwoord het vir die bestuurskrisis in Newcastle nie. Die IVP het die LUR skriftelik versoek om antwoorde te gee oor wat hy vir die munisipaliteit beplan, maar niks het gebeur nie. As dit ʼn IVP-geleide munisipaliteit was, sou die LUR lankal gevra het dat die raad moet ontbind, maar nou is dit ʼn ANC-geleide munisipaliteit en die LUR sal eerder sy comrades beskerm.”

Gwala het gesê die hoof- finansiële beampte en die munisipale bestuurder moet antwoorde gee en aanspreeklik gehou word vir die gemors. “Die Newcastle-munisipaliteit het dringend bekwame leierskap nodig.”

Die IVP versoek Hlomuka om ook dringend ondersoek in te stel oor die beweerde misbruik van oortydbetalings in die gemeenskapsdienseenheid van die Newcastle-munisipaliteit. “Die munisipaliteit betaal na bewering tussen R8 miljoen en R10 miljoen per maand. Dit is korrupsie en ʼn misbruik van staatsgeld. Dit moet dringend ondersoek word en die skuldiges moet die geld terugbetaal. Daar moet ook stappe gedoen word teen hulle. Die IVP is nie gekant teen die betaling van oortyd nie, maar wel teen die misbruik van oortydbetaling aan sekere werknemers wat nie daarop geregtig is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert van Wierdapark

Ou NUUS!! ‘n Groot persentasie van die munisipaliteite in SA hoort onder administrasie, danksy dekades van wan-administrasie en kader ontplooiing!

Pieter

So gaan dit as jy graad twee het en jy wil die land best dit gaan orals so in afrika en jy sal hulle niks vertel nie

piper

kan iemand vir my veruidelik wat gebeur wanneer n instansie onder administrasie geplaas word. wie neem oor, wie betaal wie en waar kom die personeel vandaan. hoeveel sukses word behaal en hoe lank duur dit.

sweis

Waar is n munisipaliteit in SA wat deur die anc bestuur word wat nie ten gronde gegaan het nie,en ons almal ly daaronder en wie moet bedank word ou bles de klerk

Lood Kurkprop

.
.
Emfuleni Munisipaliteit was al hoeveel keer in die nuus en in koerante oor die R1 biljoen wat vermis word….en dit gaan maar net voort.
.
.