KZN-nudistestrand die naweek geopen

Argieffoto

Argieffoto

Mpenjati-strand naby Trafalgar aan die KwaZulu-Natalse suidkus sal oor die Paasnaweek nudiste-vriendelik verklaar word, na maande se aansoeke, appèlle en sterk teenreaksie.

Serge Pavlovic, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nudistevereniging (Sanna), het in ʼn e-pos aan Traveller24 bevestig dat die opening sal voortgaan soos beplan, ondanks teenstand van ʼn groep bekommerde inwoners.

Die Hibiskuskus-munisipaliteit (HCM) het in Oktober verlede jaar Sanna se aansoek goedgekeur om Mpenjati-strand nudiste-vriendelik te verklaar en 3 April is as die amptelike openingsdatum aangedui. Die besluit is egter vroeër in Maart in twyfel getrek deur ‘n groep genaamd Concerned Citizens of HCM wat beswaar aangeteken het op grond van morele en etiese oorwegings, regskwessies en omgewingswette sowel as sosio-ekonomiese en kulturele kwessies.

Die groep se besware is tydens ʼn raadsvergadering geopper, maar daar is bevind dat dit geen gronde het nie en planne vir die Paasnaweek se opening is voortgesit.

Pavlovic het gesê hulle verwag dat ʼn paar honderd nudiste Saterdag en Sondag op die strand sal wees en dat hulle verskeie aktiwiteite beplan vir die opening van Suid-Afrika se eerste amptelike nudistestrand.

Sandy Bay in Kaapstad word algemeen as ʼn nudistestrand aanvaar maar volgens Pavlovic is dit nog nie amptelik as sodanig verklaar nie. Pavlovic het gesê daar sal ʼn petisie wees om Sandy Bay tot Suid-Afrika se tweede nudistestrand te verklaar.

Traveller24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Manie ·

Tipies om dit oor die Paasnaweek oop te stel Dit is die verdere verval van morele standaarde en afbreek van die christendom en etiek.

Skye ·

Manie sien asseblief SANNA se webtuiste, jy sit die pot heeltemal mis.

Peet Schabort ·

Ek het altyd gewonder waarvoor staan KZN, nou weet ek!!
Kuier Zaam Naakt !!

Peet ·

Maroela moet ‘n beter argieffoto kies. Hierdie spoor op die foto is ‘n skoenspoor. Dus was hy/sy nie heeltemal naak.

Jakes ·

Hoop nie die manne raak verstrengel met ‘n bloublasie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.