KZN-ongeluk eis 1

Foto van die ongelukstoneel op die R102 in Verulam, KwaZulu-Natal Foto: Netcare 911

Foto van die ongelukstoneel op die R102 in Verulam, KwaZulu-Natal Foto: Netcare 911

ʼn Man is dood en nog ʼn persoon beseer ná ʼn ongeluk op die R102 in Verulam in KwaZulu-Natal.

“Die ongeluk het by die verkeerslig plaasgevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.”

Die bestuurder van die voertuig was in die wrak vasgekeer en meganiese toerusting moes gebruik word om hom uit die motor te sny. “Hy het aan sy beserings beswyk voor paramedici by die toneel kon opdaag,” het Botha bygevoeg.

Die bestuurder van die ander motor is ernstig beseer en hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.