KZN-ongeluk eis 11

Foto: KwaZulu-Natalse nooddienste via NjabuloMntungwa/Twitter

Minstens elf mense is Donderdag dood in ʼn ongeluk op die R612 tussen Highflats en Ixopo in KwaZulu-Natal.

Volgens die voorlopige ondersoek was ʼn minibustaxi van Highflats na Ixopo op pad toe dit ʼn aankomende wipbakvragmotor getref het. Elf mense in die taxi is oorlede.

Neliswa Peggy Nkonyeni, provinsiale LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het gesê die ongeluk het naby ʼn konstruksieperseel plaasgevind, maar daar is sigbare tekens en beheermaatreëls om seker te maak verkeer en spoed word beheer.

Sewe vroue en vier mans, insluitend die taxibestuurder, het noodlottige beserings opgedoen. Ses persone het ernstige beserings opgedoen. Hulle is na Christ the King-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die padverkeersinspektoraat, SAPD en ander wetstoepassers is op die toneel. Forensiese kenners het met hul ondersoek begin,” het Nkonyeni bygevoeg.

Sy het ʼn dringende ondersoek gevra en sal Vrydag self die ongelukstoneel besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dup ·

Hierdie is erg en gebeur amper elke dag.Die taxi bestuurders ignoreer alle padregulasies en tekens.

Kokerboom ·

Ek stem Dup. Was afgelope week getuie in Pretoria waar taxis rooi verkeersligte menigmaal net ignoreer. Hul stop en ry dan as geen motors kom.Absurd!

Nie Verbaas ·

Wipbak vragmotor lyk vir my na gewone bakkie of is dit die taxi waarna die berig verwys?

Tiptol ·

Mense in taxis mag niks sê nie, anders laai die bestuurder hulle net af. Dit moet vreeslik wees om van sulke vervoer gebruik te maak.

Hennie J ·

Nou wonder ek waarom sy die toneel wil besoek? Om haar deskundige kennis toe te pas, om iemand direk aanspreeklik te hou of om stemme te koop ? I rest my case!

Swerwer ·

Met anderwoorde daar was 17 insittendes. Dit is mos oorlaai. Haal taxi’s van die pad af en stel
busdienste in dan mag die dodetal op paaie ook verlaag. Taxi drywers het geen ontsag vir verkeers reëls en tekens nie. Word daagliks op paaie gesien. Staan in linkerbaan en draai dan regs voor die ander voertuie in wat staan en wag om regs te draai is een van die goed wat daagliks oppad werk toe gesien word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.