Ses mense is Saterdagoggend dood toe twee motors mekaar op die M4-snelweg naby die Blue Lagoon-brug in Durban getref het.
“Vyf persone het in een van die voertuie gereis en een persoon in die ander motor,” het Caleb Wang, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. “Al twee motors het aan die brand geslaan en die insittendes van albei voertuie het omgekom.”
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk. Die ongeluk het omstreeks 01:45 plaasgevind.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê een van die motors het moontlik aan die verkeerde kant van die snelweg gery.
Intussen berig Rising Sun Chatsworth egter dat padwoede moontlik tot die ongeluk gelei het. Klik hier om meer te lees.