KZN-ongeluk eis 6

Uitsig oor Izingolweni van die N2 Foto: Google Streetview

Uitsig oor Izingolweni van die N2 Foto: Google Streetview

Ses mense is Saterdag dood en nege beseer tydens ʼn ongeluk in Izingolweni aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

“ʼn Minibustaxi het omgeslaan en ongeveer 30 meter teen ʼn skuinste afgerol,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. Die ongeluk het op die P262 in Izingolweni plaasgevind.

“Daar was 15 insittendes in die taxi. Die nege pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.