Minstens sewe mense is dood toe ʼn sedan en ʼn bakkie mekaar op die N2 naby die Dokodweni-tolhek in KwaZulu-Natal getref het.
“Al twee voertuie het met die impak aan die brand geslaan,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, Saterdag gesê. “Die vyf persone in die bakkie en twee persone in die motor is op die toneel dood verklaar.”
Die ongeluk het omstreeks 03:30 plaasgevind. Die polisie stel ondersoek in.