KZN op gereedheidsgrondslag voor verwagte donderstorms, swaar reën

(Argieffoto: pixabay)

Die LUR van die KwaZulu-Natalse departement van samewerkende regering en tradisionele sake, Sipho Hlomuka, het noodbestuurspanne op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas ná voorspellings van die SA Weerdiens van ʼn sterk moontlikheid van hewige donderstorms wat tot kitsvloede in groot dele van die provinsie kan lei.

Die waarskuwing kom ná vier mense onlangs deur weerlig in Mkhuze, in die noorde van die provinsie, doodgeslaan is. Hlomuka het ʼn beroep op inwoners gedoen om ekstra bedag te wees.

“Ons noodbestuurspanne is op bystand in gebiede wat geneig is tot oorstromings en hulle hou die situasie dop. Ons het volle vertroue in ons spanne se vermoëns om hulp te verskaf sou dit nodig wees,” het Hlomuka gesê.

“Ons provinsie het reeds baie lewens weens weerlig en vloede verloor. Ons vra voetgangers dus om nié voetgangeroorgange of brûe te gebruik wat gereeld oorspoel nie. Diegene met vee word ook gevra om met die geringste teken van weerlig so gou moontlik skuiling te vind.”

Die SA Weerdiens het ʼn weerwaak uitgereik vir die moontlikheid van hewige donderstorms laatmiddag oor groot dele van KwaZulu-Natal en die noordoostelike dele van die Oos-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Hierdie voorspelling was (verrassend) reg. Die weer dril en brul.

Oom Johan ·

Die beste grap vir ‘n lang tyd….noodbestuurspanne op ‘n hoë gereedheidsgrondslag! Dis om van te lag. Wat weet hierdie mense van die konsep van “gereedheidsgrondslag?” Kom die moeilikheid, dan staak hulle vir beter skoene of uniforms, miskien vir korter ure om meer te slaap……..dit bly maar ‘n grap!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.