KZN op hoë gereedheid voor ‘Eloise’ tref

(Foto: pixabay)

Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Sipho Hlomuka, het Donderdag rampbestuurspanne in die noordelike dele van die provinsie op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas in afwagting van tropiese sikloon Eloise wat Suid-Afrika nader.

Hlomuka het ook spanne aangesê om veral gebiede in die uMkhanyakude-distrik, wat dikwels swaar deur reën getref word, dop te hou. Inwoners is gevra om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

Hlomuka het ʼn vloedwaarskuwing uitgereik terwyl berigte van die Suid-Afrikaanse weerdiens aandui dat die uiters onvoorspelbare tropiese storm Eloise in hul rigting op pad is.

Die waarskuwing volg ná ʼn voorspelling van die weerdiens vir swaar reën en oorstromings in verskeie dele van die land.

Ndaghi Maliage, ʼn weervoorspeller verbonde aan die weerdiens, sê oorstromings gaan na verwagting in die laagliggende gebiede voorkom.

“Hoewel [die storm] na verwagting oor die land sal verswak, word swaar reën oor die suide van Mosambiek, die oostelike Laeveld en platorand van Limpopo, Mpumalanga en die noorde van KwaZulu-Natal Sondag verwag. Dit sal tot Maandag voortduur,” het Maliage gesê.

Eloise het Madagaskar se kuslyn Dinsdag getref en gaan na verwagting weer in intensiteit toeneem wanneer dit die Mosambiekse kanaal binnegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Die Wolf ·

Rampbestuurspanne? Ek wonder of hulle werklik rampbestuur kan toepas. Het hulle so n protokol en wanneer word dit ingeoefen?

Hennie J ·

Hierdie lur het nie bevel oor n enkele rampbestuurspan om op gereedheid te plaas nie. Hy beskik ook oor GEEN magte in die verband nie en leef in n droomwereld. Die beste wat hy kan doen is om munisipale rampbestuur te VRA om waaksaam te wees.

Spokie ·

Asof enigeen in enige regerings instansie of provinsiale owerhede enige rampbestuursplanne of kennis het!!!!! Watter wereld leef hulle in en wat is hulle planne, deel hulle emmers uit??????

Tanniepetoors ·

Ons kan net hoop en bid dat die gemeenskap ag slaan op die waarskuwings en voldoende voorbereiding tref. Om op die regering staat te maak vir vroeë hulp is tydmors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.