KZN-paartjie in bakkie doodgeskiet

Die owerhede op die toneel waar die paartjie in hul bakkie doodgeskiet is. (Foto: Netcare 911)

Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek twee aanklagte van moord nadat ’n paartjie Dinsdag in hul bakkie op ’n grondpad in die omgewing van Pietermaritzburg doodgeskiet is.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die paartjie het omstreeks 10:30 by die huis in Raisethorpe gery toe hulle deur onbekende verdagtes in ’n lokval gelei is.

Die verdagtes het verskeie skote op die paartjie in hul bakkie afgevuur voordat hulle op die vlug geslaan het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is 11:00 na ’n toneel op ’n grondpad op die hoek van Old Greytown- en New Greytownweg in Northdale ontbied.

Die man en vrou in die bakkie het albei verskeie skietwonde opgedoen en het geen teken van lewe getoon nie. Albei is op die toneel dood verklaar.

Die omstandighede rakende die moorde is in dié stadium nog onduidelik.

Mbele sê die polisie ondersoek die voorval.

Maroela Media het vroeër berig twee mans is ook vandeesweek in hul bakkie in Pietermaritzburg doodgeskiet.

Dié voorval het Maandag in die stad se sakesentrum plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

piper ·

hulle het te veel geweet en of n saketransaksie wat skeef geloop het.

Termiet ·

Ek hou nie van jou nie dan skiet ek jou maar dood. So loop hy hier in banana Republic.

Prontuit ·

wat ever die rede is dis nogsteeds hartseer dis nogsteeds iemand se kind, vriend of ouer hoe sal ‘n mens weet dis net hartseer dat dinge so gedoen moet word dalk was hulle verkeerde plek verkeerde tyd maak nie saak nie dis onnodig maar dis net so maklik in vandag se tyd dis hoe ons goed oplos maak mekaar dood that is how we roll ;-(

Debbie ·

Jy hoef nie n rede te he om iemand te vermoor in die land nie. Doen dit omdat jy mag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.