KZN-plaasaanval: ‘Man het nie geweet vrou is vermoor’

Die toneel waar ʼn vrou tydens ʼn plaasaanval in die Tongaat-omgewing in KwaZulu-Natal vermoor is (19 April 2018). Foto: Reaction Unit South Africa

Die man wat Woensdagaand deur drie aanvallers op ʼn plaas in die Tongaat-omgewing in KwaZulu-Natal oorval en erg aangerand is, het glo nie geweet dat sy vrou teen daardie tyd reeds vermoor was nie.

Die egpaar is intussen as Steve en Vee Govender geïdentifiseer.

Reaction Unit South Africa het in ʼn verklaring gesê van hul beamptes is vanoggend na die toneel ontbied nadat ʼn plaaslike inwoner op die erg beseerde man afgekom het. “By hul aankoms het die veiligheidsbeamptes familielede van die slagoffers ontmoet. Volgens boere in die gebied het hulle omstreeks 05:00 by die egpaar se huis aangekom om na hulle te soek. Hulle het ʼn hulpkreet van binne die huis gehoor en die deur oopgedwing met ʼn hamer en ʼn byl,” lui die verklaring.

Volgens die verklaring is Steve, ʼn man in sy 70’s, erg beseer en bebloed in die huis aangetref. Vee se liggaam is in ʼn slaapkamer tussen ʼn muur en ʼn bed gevind. Haar hande was vasgemaak en haar mond was bedek. Paramedici het die man op die toneel behandel en hom na ʼn hospitaal geneem.

“[Steve] is deur die aanvallers in die kombuis aangehou, terwyl sy vrou in die slaapkamer aangehou is. Volgens Steve was hy nie bewus dat sy vrou vermoor is nie,” lui die verklaring.

Die toneel waar ʼn vrou tydens ʼn plaasaanval in die Tongaat-omgewing in KwaZulu-Natal vermoor is (19 April 2018). Foto: Reaction Unit South Africa

Maroela Media het vroeër berig Steve is glo omstreeks 21:00 by die plaashek deur drie aanvallers oorval en in die huis in gedwing. Daar het die aanvallers hom en sy vrou vasgemaak en erg aangerand.

“[Steve] is herhaaldelik met sy eie haelgeweer aangerand. Hy het gemaak of hy dood is toe hy besef het hy ken die aanvallers. Hy het net-net gelewe toe hy agt uur later op die kombuisvloer gevind is,” lui Reaction Unit se verklaring.

Die aanvallers het daarna die huis geplunder voordat hulle op die vlug geslaan het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Recue, het gesê Govender is glo ʼn suikerrietboer.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Dis vir so onregverdig dat oumense en plaadboere en hul vrouens so uitgemoor wordsterkte aandie oom en die familie nog n lewe verkort ??????

Tanzie ·

Ek weet nie wat ons gaan maak nie, maar so kan dit nie aangaan nie. Ek het nou net gelees dat daar slegs 164 000 gevangenisse in SA is, maar dit maak vir my glad nie sin nie. Mag die man spoedig herstel en jammer vir sy verlies aan ‘n geliefde. :(

Msp ·

Hoop regtig iemand bring dit onder die aandag van Lindiwe Sisulu aangesien sy glad nie bewus is van wat in Suid Afrika gebeur nie. Ek dink en bid vir die mense en hul geliefdes wat deur hierdie moeikike tyd gaan.

Alwyn ·

Hoekom die ouer boere aanval wat die land opgebou het. Julle is lafaards, die skuim van die aarde.
Val asb, groot asb die jonger boere aan en sien wat gebeur.
Oom, my innige simpatie met die verlies. God sal die luise laat boed. Is so bly hulle word erken. Hopelik sal geregtigheid skied. Nogmaals verskriklik jammer.

Wurmpie ·

Wat te erg is. Hulle is lafaards en kan nie jonges probeer nie

Bert ·

Ons moet pasop, ons regering wil nie hè Australie moet hiervan hoor nie!

So sad ·

So absoluut sad, liewe Oom mag jy gou gesond word en ons is sooo jammer oor jou vroutjie, dit is so onnodig en as ek kyk het jy al die nodige veiligheid gehad. Hierdie gemors meot stop, ‘n produktiewe boer wat ‘n bydra lewer.

Andrea ·

Is daar niemand, geen voorsitter van die Landbou-unie, geen leiersfigure in ons gemeenskappe wat die Kommandostelsel kan her-instel nie? Dis mos nie so moeilik nie. Noem dit n privaat sekuriteitsmaatskappy. Wat maak dit saak wat die naam is solank die manne met ervaring die beveiliging doen.

Oom Kalahari ·

Hartseer en Traumaties vir hierdie Oumense wat hul lewe geswoeg en sweet het op hul grond en na ‘n rustige aftrede uitgesien het. ‘N lewe is geneem en ‘n maat agter gelaat met gevoelens en hartseer. Die doel is om plaasboere en hul gesinne uit te moor en ernstige misdade teenoor hul te pleeg. Me Sisulu wilnet nie erkenning gee asook vele kabinets lede dat daar weldra ‘n probleem is nie. Dit is die mees geskiedkundige moord syfers die afgelope paar jaar onder ANC as wat daar ooit was. Sterkte en Innige simpatie aan die Govender familie en vriende en mag Steve gou herstel. RIV Vee.

Pieter ·

Volgens die boer ken hy die aanvallers, waarom is hulle nog nie gevang nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.