KZN-plaasaanval: Man vas ná moord op egpaar

Roger en Christine Solik.

Roger en Christine Solik.

ʼn 43-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Roger (66) en Christine (57) Solik wat in Februarie op ʼn plaas in KwaZulu-Natal aangeval en ontvoer is.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media bevestig die man is Woensdag in hegtenis geneem op aanklagte van moord, ontvoering en huisroof.

“Die man moet Vrydag in die Howick-landdroshof verskyn. Meer inligting kan nie in die stadium bekend gemaak word nie aangesien dit die ondersoek kan belemmer,” het Mbhele gesê.

Maroela Media het vroeër berig die polisie is op 17 Februarie na die Solik-egpaar se huis in die Bend Country Estate op ʼn plaas in die Nottingham Road-omgewing ontbied. Daar is by die huis ingebreek en daar was bloedvlekke. Die Solik-egpaar was nêrens te vinde nie.

Christine se liggaam is later die dag ongeveer 70 km van die huis af in die Impendlerivier gevind met haar hande vasgebind. Roger, wat aan Parkinson se siekte gely het, se liggaam is op 20 Februarie gevind, sowat 2 km van die plek waar Christine se liggaam gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AL ·

Hoe het die verdagte toegang gekry deur onder die sekuriteit se neus in te kom? Geen borgtog!!

Skim ·

Hys more weer uit op borgtog van R250 om weer te gaan moor en roof. Ek vertrou niemand en niks meer in hierdie land nie, die REGSTELSEL STEL TELEUR!!

Annie ·

Wetgewing stink … regeering stel mos die voorbeeld … so as die ANC kan mask soos hulle smaak en weg kom met dit … hoekom die kriminele burgers nie ook nie … hille het mos almal meer reg…. as ek en jy

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.