KZN-plaasmoord: Egpaar op hul plaas doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Nico en Mercia Lens is Woensdagmiddag op hul plaas in die Paulpietersburg-distrik in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Nico en Mercia, albei in hul vyftigs, het op die plaas Elim tussen Paulpietersburg en Utrecht met beeste geboer.

Eugene van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Paulpietersburg-tak, sê die egpaar is omstreeks 17:00 op hul plaas oorval. “Ons vermoed Nico is buite die plaashuis aangeval. Mercia was binne die huis en kon daarin slaag om die paniekknoppie te druk.”

Van Aswegen sê toe bure by die egpaar se plaas opdaag, was dit egter reeds te laat. “Nico se liggaam is buite die huis gevind. Hy het ʼn skietwond aan sy kop gehad. Mercia se liggaam is in die huis gevind. Sy is ook geskiet.”

Van Aswegen sê verteenwoordigers van AfriForum, bure en die polisie het tot laataand na die moordenaars gesoek. Hy sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Volgens Van Aswegen het die moordenaars moontlik met vuurwapens en geld gevlug. “Die kluis was oop en daar was vuurwapens in die sitkamer.”
Die Lens-egpaar laat hul dogter, Christine Meyer, agter. Sy woon in Paulpietersburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JOHANNES ·

Hierdie is besig op te erg te raak en Sa se kos produsente raak minder en minder.Dit is tyd dat hierdie internationaal geneem word.Dit kan nie so aangaan nie.DIT IS VOLKSMOORD.

Anoniem ·

Indien die doodstraf nie terug gebring word nie sal dit die norm wees en sal dit nog erger word.
Hang them high.

Anoniem ·

Indien die doodstraf nie teruggebring word nie sal dit die norm wees en dit word erger.
Hang them high!!!!!

kt ·

Oppas vir die doodstraf. Ek stem saam, hulle verdien dit beslis. Maar in die lig van Renate Barnard se uitspraak in die konstitusionele hof, dat sy na 9 jaar en n klomp uitsprake in haar guns, moet hoor dat daar NIE TEEN HAAR GEDISKRIMINEER WAS NIE. Kom ek se jou, die galgpale gaan krom hang : MET WITTETJIES AAN. My opregte simpatie aan hul naasbestaandes en almal wat lief is vir hulle.

Eve van Heerden ·

RIP Nico & Marsha – such loving people & such a loss to the community & their families. We can only hope & pray that the perpetrators will be found & brought to justice (though the justice system sucks!). Such barbaric attacks & so unneccessary!!

Toekie ·

Nee nee nee wat kan mens doen om aldie plaasmoorde te stop ..mens voel so magteloos!!!!

Rina Pretorius ·

Dit is hoe ons uitgemoor word dag na dag, dis ‘n eensydige oorlog en ja ek se ook vat die saak internationaal (as dit sou help) Al word hierdie barbare gevang sal ons belasting betalers hulle soos konings in die tronk behandel, 3 goeie etes per dag, lekker warm slaapplek, opleiding gratis en ten alle tye beskermd wees. Die onheil sal nie stop nie mense want ons tronke is eintlik hotelle en ek dink alles is so beplan, hulle sit miskien ‘n paar maande en word stil stil vrygelaat. Ons blankes moet saamstaan dis al met ons verskille en al en God hoofsaaklik en baie belangrik aan ons kant kry deur Hom in alle opregtheid aan te neem en Sy ere plek te erken in ons lewens

SNEL ·

Hart is sommer seer. Weereens sooooo onnodig. Sterkte aan Christine en al die familie.

Franci ·

Hoe hartseer. Wonderlike twee mensies gewees. Aan Christine en familie mag God julle toevou met sy liefde in hierdie tyd.

Joey ·

Ons lees elke week van plaasmoorde – dit voel net vir my almal O en A maar die straf vir plaasmoorde skrik niemand af nie. Is dit moontlik die meganisme wat die kriminele wil gebruik om ons boere uit te roei. Is daar moontlik ‘n meesterbrein agter die plaasmoorde of wat? Ek dink dit raak nou dringend tyd dat die Boere Vereinigings ook moet opruk na die parlement en stemme dik maak. Agriforum kan moontlik ook aan boord kom… My hart raak so seer as onnodige mense so vermoor word. Nou is daar weer plaaswerkers wat werkloos gelaat word – een bose kringloop!

Betsie ·

Is dit al wat ons keer op keer gaan doen? Medelye toon? Daar is soveel blanke werklose mense sonder heenkome, kos ens. Wat van die boere voer blankes is om saam op die plase te woon en te werk en sodoende hul afsondering kamp te slaan? Dit is tyd!!!!

Cobus ·

Goeie dag mense. Ek dink aan jul weet wat dit is om geliefdes te verloor my oom is in 1994 vermoor. Ek is tans in VSA en hul weetnie wat in SA aangaan nie…… As jul iets op die net sit doen dit in eng ook ASB….. As ek hul vertel kan hul dit nie glo nie. Dis tyd dat hul weet wat in SA aangaan… DANKIE

Liesel van der Merwe ·

Waneer gaan dit ophou meer en meer van ons boere word vermoor orals in ons land en die regering doen bokerol dis net nog n moord en intussen is dit ons mense ons boere wat vir die land geveg het en help ophou het! Doodstraf moet terug gebring word

sarie van heerden ·

Almal braak gal oor die onthoofding van joernaliste in Arabiese lande en voel baie jammer vir die agtergeblewe familie MAAAAAR wat gaan in Suid=Afrika aan? Hier word daaliks van ons mense op wreedaardige wyse om die lewe gebring en die polisie keer minvan hul aan.

sarie van heerden ·

Almal braak gal oor die onthoofding van joernaliste in Arabiese lande en voel baie jammer vir die agtergeblewe familie MAAAAAR wat gaan in Suid=Afrika aan? Hier word daaliks van ons mense op wreedaardige wyse om die lewe gebring en die polisie keer minvan hul aan.

Ton & Herma ·

So onnodig Rus in Vrede Nico en Mercia
Ton & Herma from the Netherlands

Annalie Vermaak ·

Dis so ongeloiflik hartseer dat iemand dink hy het die reg om iemand se lewe te neem. Ek glo die doodstraf moet weer teruggebring word.

Debbie ·

Genade en Vrede vir ons krimpende boere. Vang die moordenaars en gee hulle vir ons boere asb! Ons sal hulle self teregstel op ons eie manier! En glo my na n paar teregstelling verdwyn plaasmoorde!!!!!!!!!!!!!!

anita visser ·

My oorlede man Johnny Graham van Utrecht is deur 4 barbare vermoor, is 19 keer geskiet by sy melkstal. R4 geweer en 9MIL. in 2000. Ook op n plaas in Utrecht DISTRIK. “TUSSCHENBEI” 3 iS GEARRESTEER maande later en gevonnis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.