KZN-plaasmoord: ‘Hy is aan die brand gesteek’

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Die 64-jarige man wat Woensdagaand op sy plaas, Tatoon, in die Bulwer-omgewing in KwaZulu-Natal vermoor is, is eers met petrol gegooi en toe aan die brand gesteek, wys ʼn volledige polisieondersoek.

Die polisie is Woensdagaand voor middernag na dié afgeleë houtplaas ontbied nadat die man se vrou ná ʼn uitstappie tuis gekom het. Sy het met die intrapslag by die stoep bloed teen die vloer en muur gesien, en toe die polisie en beskermingsdienste van die omgewing ontbied. Sy is deur lede van die beskermingsdienste na ʼn veiligheidshawe geneem en het nooit haar man gesien nie.

Volgens die polisie het die man glo op sy stoep gesit toe ʼn onbekende getal mans hom omstreeks 19:00 oorval, in die huis in gesleep en aan die brand gesteek het.

Brett Deavin, direkteur van die bergbeskermingsdienste-groep wat eerste op die toneel was, sê die verkoolde oorskot van die man se liggaam is iets wat hy “nog nooit voorheen in sy lewe gesien het nie”.

“Hy kon glad nie aan sy liggaam herken word nie,” het Deavin gesê. “Ek het al baie plaasmoorde gesien, maar nog nooit iets soos dié nie.”

Deavin sê dit is onmoontlik om in dié stadium vir seker te weet of die man eers dood was en toe aan die brand gesteek was, of aan die brand gesteek is terwyl hy nog geleef het.

Dit is die derde plaasmoord in KwaZulu-Natal vanjaar. In Februarie is Gavin Carter twee keer in die bors geskiet en vermoor, en twee weke later is Trevor Rees twee dae lank gemartel en geskiet voor hy later in die hospitaal gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Theresa B ·

Die mees gevoelloosde asemhalende wesens wat ek al ooit in my lewe van gehoor het. Dis nie mense nie man…………………………..!!!!!

Michael ·

Die boere leef in ‘n oorlog geteisterde gebied en gaan ongelukkig nie hulp van die huidige regering kry nie wees paraat beskerm jouself en jou eiendom en tree op binne die piesang republiek se wette .

Danie ·

Sal iemand asseblief al hierdie inligting in detail versamel sodat dit die wereld in gestuur kan word !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Gerda ·

Danie en wat gaan dit help? Met die moorde op Israelies en Burundu se mense en nog baie andervhet niemand oor die hele wêreld n vinger verroer nie hoekom sal dit nou gebeur?

Jakoba ·

Die wereld draai ‘n blinde oog. Todat dit soos Hutsies en die Tutsies raak dan slaan hulle hulle hande saam en maak asof hulle nie geweet het nie. Europa en Amerika geen nie ‘n duit om nie. Maar as niemand soos byvoorbeeld Joernaliste dit nie die wereld instuur nie sal niemand bewus wees van wat aangaan nie.

tamboti ·

En dis nuus en dis verby, geen optogte, of geweldadige betoog of skole word afgebrand, of Polisie aangeval, of hofsaak ontwrig, nee wat – net nog ‘n skaap ter slagting gelei.

Natascha ·

Ons innige simpatie aan en meelye aan die Tannie. Ek wens net die mense wat so die boere uithaal en vermoor, kan ook een een opdaag, want dan weet hul dat hul nie n kans staan. Maar NEE hulk is TE lafhartig om een, een die boere aan te vat. Mos beter as hul meer as een is. Hoekom nie net vat wat jul wil he, en die mense se lewens spaar nie. Die mense is soo onskuldig.
En nog n vraag, Hoekom nie probeer grond beset wat onbewerk is nie, hoekom altyd grond waarop boer al jare boer. Gee asb bewyse dat die gronde van jul GESTEEL is, dan kan ons almal saam prt, die gronde is gekoop met hard gesweete geld. HOU ASB OP OM DIE BOERE TE VERMOOR. SONDER HUL GAAN JUL SWAAR KRY, GEEN KOS OP DIE TAFEL.

Rina ·

Danie? Hoekom versamel jy nie die inligting en stuur dit die wereld in nie? Net ‘n vraag? Hoekom “kan IEMAND die inligting versamel en die wereld in stuur”? Baie sterkte aan die tannie en die familie van die oom. Dit is ‘n verskriklike dood! My hart is stukkend!

Anoniem ·

Die tekens is duidelik en herrinner in baie opsigte aan die Mau Mau beweging se brutaliteit van destyds. Dit word beplan en die doel is om vrees in te boesem.

Pierre ·

Hierdie is beplande moorde. Die EFF en ANC moor een vir een die boere uit sodat hulle die land kan vat. Seker die plan al vanaf 1994.

H. Möller ·

Mugabe is o.a. deur Malema bedank omdat hy Zimbabwe se “grondhervorming” tot na ons 1994 verkiesing uitgestel het so ja, dit was beplan.

Mielie ·

Stem saam. Dis barbaars…..onmenslik maar defnitief n politieke verbintenis.

Fly on the wall ·

Hemelse Vader wees ons asb genadig..ons is op ons knieë

Lollie ·

Danie het ń punt beet. Die wat familie en vriende buite het moet dit gereeld vir hulle stuur. Niemand weet wat die uiteinde gaan wees nie maar ons moet alles probeer. Ons hoef nie net te gaan lê nie! Baie praat van die einde wat nou naby is. Hoeveel keer het ons dit al gehoor? Niemand weet wanneer dit die einde is nie! Glo en vertrou! Aangesien ons nie op die mens kan vertrou nie hoekom plaas ons nie ons vertroue op God nie? Wat het ons om te verloor? Indien meer mense positiewe kommentaar op Maroela lewer sal almal nie so negatief wees nie. Ek weet as ń boer vermoor word is daar niks positief om te sê nie maar bemoedig die familie wat deur daardie hel gaan. Almal wil slim klink en die toekoms swart maak, want dis makliker, maar dit maak vele mense morbied en negatief. Indien ons gemoedsstemming negatief is dan het ons klaar oorgegee! Ons kan mekaar sterk maak deur opbouende kommentaar te gee en indien jy nie wil nie los dan liewer die kommentaar. Weet baie gaan my nou stenig maar dink ń oomblik daaroor!

Vryheid ·

Opstaan en terug baklei. Hoe anders gaan dit stop. Ons boere word uitgemoor, dit gaan nie oor Steel nie. Dit is rassehaat wat elke dag voor ons afspeel, die regering praat dit goed.

Jaco ·

Jy bly op n plaas. Daar is n groot “bulls eye” op jou geverf. Hulle kom vir jou. En jy weet dit. Jy sien dit in die nuus. Waar is jou sekuriteit? Jou sy vuurwapen?
Boere is ons voortbestaan maar is ook die bedryf en beroep met die grootste kans van n aanval.
Wees veilig, gewapen en paraat asseblief.
Ons het julle nodig!

Jakes8 ·

Jy bly op n plaas. Daar is n groot “bulls eye” op jou geverf. Hulle kom vir jou. En jy weet dit. Jy sien dit in die nuus. Waar is jou sekuriteit? Jou sy vuurwapen?
Boere is ons voortbestaan maar is ook die bedryf en beroep met die grootste kans van n aanval.
Wees veilig, gewapen en paraat asseblief.
Ons het julle nodig asseblief

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.