KZN-polisie ontwapen April talle in dié provinsie

Argieffoto

Polisie in KwaZulu-Natal het sedert die begin van April beslag gelê op ʼn allemintige 132 onwettige vuurwapens en ammunisie én altesaam 149 verdagtes is tydens verskeie operasies in dié provinsie vasgetrek.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het operasies uitgevoer spesifiek met die oog op die “vermindering van die hoeveelheid wapens in die hande van misdadigers”.

Die verdagtes is in onder meer Greytown, KwaDukuza, Bulwer, Amangwe, Esikhaleni en Estcourt in hegtenis geneem.

Die wapens waarop daar beslag gelê is sluit 122 pistole, drie jaggewere, vier haelgewere en drie tuisgemaakte wapens in.

“Die wapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit in die uitvoer van enige ander misdade gebruik is.”

Volgens Zwane het alle verdagtes reeds in hul onderskeie landdroshowe voorgekom.

Die polisie het die gemeenskappe aangemoedig om enige persoon wat in die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen is by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Max ·

Kan die sogenaamde polisie bekend maak by watter polisiestasie die wapens aan die kriminele uitgereik was.

Duitser ·

Dit is nogal slim verkoop dit,konverskeer dit en herverkoop dan weer.

marous ·

Volgende jaar doen hulle nog ‘n blok in ‘n ander dorp ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.