KZN-polisie slaggereed vir Durban July

Foto ter illustrasie. (Foto: Armand Hough, ANA)

Die KwaZulu-Natalse polisie is op hoë gereedheidsgrondslag vir die Vodacom Durban July wat hierdie naweek in dié stad plaasvind.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het Vrydag in ’n verklaring gesê polisiebeamptes en koördineerders van dié swierige geleentheid beplan reeds weke lank aan vanjaar se Durban July.

Volgens Gwala word ’n pro-aktiewe benadering weer vanjaar gevolg nadat dit in vorige jare suksesvol was. Personeel en polisiebeamptes beplan dus om Saterdag in en rondom die Greyville-resiesbaan asook in die stad te beweeg om enige probleme wat moontlik mag opduik te hanteer.

Die resiesbaan sal reeds omstreeks 10:00 oopmaak waarna die polisie beweging in die omgewing tot Sondagoggend sal monitor.

“Toeskouers en besoekers aan die renbaan moet hulself gedra en die vermaaklikheid geniet. Geen skerp voorwerpe of vuurwapens word toegelaat nie. Die polisie sal diegene wat die wet oortree, straf,” lui die verklaring.

Gwala het ook diegene wat die geleentheid gaan bywoon gemaan om na hul besittings om te sien en liefs van alternatiewe vervoer gebruik te maak mits hulle gedrink het.

“Indien hulle alkohol inneem, moet hulle afgelaai en opgelaai word of andersins van ʼn taxi gebruik maak. Diegene wat drink en bestuur, sal in hegtenis geneem word,” het Gwala gewaarsku.

“Ons doen ʼn beroep op diegene wat van die parkeerarea gebruik maak om te verseker dat hulle nie waardevolle items in hul voertuie agterlaat nie en ook dat hul voertuie te alle tye gesluit word. Strate naby die Greyville-resiesbaan insluitend DLI-laan, Avondale- asook Gladys Manzi-weg sal deur die polisie gesluit en gemonitor word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert van Wierdapark

Ja nee kyk, die SAP het darem hier n lekker uitputtende dag wat op hul wag. Hoop hul kry darem kans om tussen al die harde werk tyd om ietsie op die perde te “sit”. Wat van Zilzaal vir n wen?!!

Sarie

Dit gaan deesdae so erg in SA hulle sal een van die dae polisie gebruik om die perde te ry!

Maljan

Spoggelee their wat deur die voorheen benadeeldes tot n ploert geleentheid met polisie aan diens afgegradeer word!

SjN

Dalk word een gebruik as n jokkie indien een strike.

KaterinaKat

O ek sien. Vir onnodige luxuries soos die Durban July is daar goed georganiseerde groot polisie teenwoordigheid. Maar die belasting betalende publiek in alledaagse lewe moet maar hoop vir die beste terwyl n klomp monitors kyk hoe die land afgebrand word en eiendom vernietig word. Got it.